Klein Nektar Wine & Olive Estate
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R1 071 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Klein Nektar Wine & Olive Estate is 'n prentjiemooi herehuis wat in 1860 in Montagu gebou is. Hierdie Kaaps-Hollandse woning was een van 2 erfenishuise op die perseel. Dié 3 hektaar-plaas is langs Roete 62 en is 'n gewilde besoekpunt vir plaaslike inwoners en besoekers wat in die skadu van die majestueuse Langeberge wil ontspan.
Verblyf is in 2 selfsorgeenhede, die herehuis en die gastekothuis, beskikbaar.
Die herehuis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers, asook 'n oopplan-leefarea en -eetarea met 'n gemaklike leerbank voor die kaggel en ’n 3 m-lange imbuia-etenstafel met sitplek vir 8. Die sitarea het 'n TV met Netflix. Daar is 'n tradisionele AGA-stoof, 'n gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in die kombuis. Die stoep het 'n ingeboude braai en gaste kan in die swembad afkoel of op die sonstoele ontspan.
Klein Nektar Selfsorgkothuis is onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk (dit het geen elektrisiteit) en is vir 4 gaste geskik. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en 'n badkamer wat 'n stort het. Ander geriewe sluit sonkraglampies, 'n gas-geiser vir warm water, 'n gas-yskas en -vrieskas en 'n gasstoof en -oond in. Die eenheid is oopplan en het 'n kombuis wat ten volle toegerus is, 'n eetarea, 'n sitarea en 'n stoep. Daar is 'n braai-area in die privaat tuin met 'n uitsig op die berg en oor die olyfboorde.
Gaste kan die uitsigte oor die olyfboorde, tuine en op die berge geniet, terwyl daar in die privaat tuin gebraai word. Gaste is ook welkom om die res van die plaas te verken en tussen die olyfbome, vrugteboorde en chardonnay-wingerd te wandel. Die kothuis het ook 'n Kol-Kol houtvuurwarmbad.
Rook word slegs buite toegelaat. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Johan & Helen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Klein Nektar Wine & Olive Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang