Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleine Hansie Kothuis

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 13, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Kleine Hansie Kothuis is 'n selfsorgkothuis en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 'n kind in die Karoodorpie, Sutherland.

Die oopplan-kothuis het 'n privaat ingang, 'n dubbelbed, en 'n driekwartbed. Die badkamer het 'n stort en 'n toilet. Badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is vir selfsorg met 'n tweeplaatstofie, mikrogolfoond, yskas, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n eetarea toegerus. Gratis koffie, tee, melk en suiker word met aankoms voorsien.

Daar is 'n TV en indien gaste DStv verlang, moet hulle asb. hulle eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring. Daar is 'n verwarmer en elektriese kombers in die winter, asook 'n waaier in die somer.

Braaigeriewe, stoele en vuuraanstekers is beskikbaar en gaste moet asb. hulle eie vuurmaakhout saambring. Daar is veilige parkeerplek.

Kleine Hansie Kothuis is langs die plaaslike restaurant en kruidenierswinkel, en dit is 1 km vanaf ander winkels en 'n verskeidenheid besienswaardighede. Gaste kan ook SALT, die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop, besoek. In die winter kan gaste in die sneeu baljaar en in die lente die blommeryk bewonder.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 77 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Willem S
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, skoon, netjies. Ons het heeltemal gemaklik gebly, baie dankie.
Des 2024
Joyce S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Awesome, pity we had only a short time there.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Phillip Potgieter P
Saam met vriende
5.0
Die eienaar en haar man het my gewys dat daar nog goeie mense is in ons land. Puik plekkie om Sutherland te explore. Plekkie was skoon, netjies en het...
Sien meer
Des 2024
Daniel W
Saam met lewensmaat
5.0
What a pleasant cottage to stay in. Clean and homely. Will stay there again. Pleasant stay. Great experience.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Wayne M
Saam met lewensmaat
4.6
Just right. Was comfortable, well stocked, neat and clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ida Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 77

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Buitekantstraat 13, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kleine Hansie Kothuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 13, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA23e909f6d951eba4bf38cb39e5f345eb5e22a875813bd814646a34c583d26de97b6da2702b376f790f8f24d970050dda9fc5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 3) 77 5 1 5 13 Buitekant Street Sutherland 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.391692488701 20.662030727509

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang