Kom tot Rus
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Jan 2025 tot 30 Jan 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
-
Vanaf
R2 750R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kom tot Rus is 'n pragtige grasdak-selfsorghuis in Mabalingwe Natuurreservaat. Die eenheid maak van sonkrag gebruik.
Dié eiendom bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers is op die grondverdieping en het elk 'n koninggrootte-bed, slaapbankie, lugversorging en 'n plafonwaaier. Die derde slaapkamer is op die eerste verdieping en beskik oor 2 enkelbeddens, lugversorging en 'n dakwaaier. Dié slaapkamer het 'n pragtige uitkykdek met 'n sitarea wat 'n uitsig oor die bosveld en watergat bied. Elke badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, kisvrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook toonbank met sitplek vir 2. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die buite-area 'n ingeboude braai met die opsie van óf hout óf gas, 'n swembad en 'n buite-boma. Onderdakparkeerplek is vir 3 voertuie beskikbaar.
Die eenheid is stapafstand vanaf die swembaddens, putt-putt baan, tennisbaan, winkels, restaurant en speelpark. Neem asb. kennis dat die swembad nie verhit word nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Kobus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 53
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Kom tot Rus het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang