Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Koringberg Siding Cottage

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat, Erf 557, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 560 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Koringberg Siding Cottage is 'n tuinkothuis met 'n aparte ingang. Die knus kothuis is op die eienaar se erf in Koringberg geleë en ideaal vir paartjies of sakereisigers wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Die kothuis bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die smaakvolle sitarea sluit selfs 'n ekstra enkelbed in. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Buite is daar braaigeriewe en 'n aparte area met 'n pizza-oond. Daar is fietse vir diegene wat die skilderagtige dorpie wil verken, nabygeleë staproetes om aan te durf en 'n plaasstyl-plonspoel om in af te koel.

WF Jones se kunsateljee is ook op die perseel en gee gaste die unieke geleentheid om dié kunstenaar in aksie te sien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jaco P
Saam met lewensmaat
5.0
A true gem that can't be put into words. Wat 'n fantastiese oasis met soveel karakter wat deur oom en tannie geskep is. Hulle is die mees gasvrye mens...
Sien meer
Des 2023
Bonita C
Saam met lewensmaat
5.0
Regte plattelandse gasvryheid. Billy en Riana het ons so tuis laat voel. Ons het as gaste gearriveer, en is weg as vriende! Regtig 'n baie oulike plek...
Sien meer
Sep 2023
Andries D
5.0
A peek into Wonderland. The cottage is a perfect destination for a weekend (or longer) away. Your laptop, with solid Wi-Fi, easily make...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023
Gary O
4.8
Amazing experience with excellent hosts. The cottage is very comfortable and fully equipped with every conceiveable appliance and crock...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Marietjie U
Saam met lewensmaat
4.8
Gasvrye eienaars en interessante, skoon akkommodasie. Ons is vriendelik ontvang en het gou tuis gevoel. Billy en Riana gaan uit hulle pad om alles gem...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Billy & Riana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hoofstraat, Erf 557, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
  • Gaste dink Koringberg Siding Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 560
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R 1 560
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat, Erf 557, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca30c56a64cbf5516647b12e296e51a326b4819432af1c8b27c52d2f36bc1d960a2ed91f58bbf1c649997bb569473749976b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 560 per nag, vir 3 mense 7 5 1 5 Hoof Street Erf 557 7312 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 11:00 -33.019884227192 18.678700638583

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang