Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kosie se Ogie

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Die Oog, Naboomspruit, 0564, Limpopo
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kosie se Ogie is 'n selfsorg-eenheid in 'n oord, ongeveer 13 km vanaf Naboomspruit. Die oord spog met baie geriewe en doendinge vir vermaak.

Die eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 solderarea, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Albei slaapkamers het 'n dubbelbed. Die solderarea het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer is toegerus met 'n bad. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware asook 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Die eenheid het 'n lapa met buitesitplek en braaigeriewe.

Die oord beskik oor 'n restaurant, 'n speletjiesarea met pooltafels, 'n kroeg, 'n kuriowinkel, 'n kerk, kouewater-swembaddens, superbuise, tennisbane, putt-putt-baan en kindervermaakprogramme.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marshia N
5.0
N' tuiste weg van die huis. Ons het baie lekker gebly. Alles is rustig, skoon en netjies. Daar is alles wat jy nodig het en nog meer. Ons was goed ing...
Sien meer
Aug 2024
Antoinette P
5.0
Pragtig, gerieflik en veilig. Perfek vir 'n wegbreek en gerieflik geleë. Die huis is pragtig en baie goed ingerig. Ons het baie lekker gebly. Oom het ...
Sien meer
Jun 2024
Anell V
Saam met vriende
5.0
Amazing place! Great service, very neat and well-kept place. Perfect for a weekend away. Would recommend and will definitely be going b...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Nicky M
Gesin met klein kinders
5.0
Goed toegerus en baie huislik. Baie aangenaam - plekkie is goed toegerus en baie huislik. Sal beslis weer gaan kuier by Kosie se Ogie! WiFi spoed was ...
Sien meer
Mrt 2024
Rachel V
Gesin met tieners
5.0
Dit was fantasties. Veilige oord. Kinders kon rondbeweeg en veilig wees. Dis 'n netjiese, skoon huis met alles wat nodig is. WiFi wat nooit af is nie,...
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Koos Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 76

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 13 Die Oog, Naboomspruit, 0564, Limpopo
  • Gaste dink Kosie se Ogie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Die Oog, Naboomspruit, 0564, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6BzSfNlJ5kDGAN2DPGCok8PTXAbmE2VfonLzQn1fq9arXjGhDD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6) 28 5 1 5 13 Die Oog Naboomspruit 0564 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.449038155621 28.615326299595

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang