Kraanvoëlkuil Karoo Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kraanvoëlkuil Farm, Pearston, 5860, Oos-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kraanvoëlkuil Karoo Lodge is 'n wildplaas-styl lodge wat selfsorgverblyf net 10 km van die dorpie Pearson af bied. Hier, op 3800 hektaar se vlaktes in die Camdeboo, sal gaste vrylopende wild soos gemsbokke, steenbokke, springbokke, blouwildebeeste, swartwildebeeste, swartwitpensbokke, skimmelperde en blesbokke aantref. Gaste kan fietsry terwyl hulle wildkyk en saans rondom 'n groot kampvuur ontspan. Kraanvoëlkuil Karoo Lodge is 'n lieflike, stil wegbreekplek.
Die lodge is in 2001 gebou en bied gerief, al is dit onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk. Krag word deur 'n sonkragstelsel opgewek en warm water word deur 'n donkie-stelsel voorsien.
Die lodge bied verblyf in 5 kamers, elk met 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word en daar is 'n en suite-stort in elke kamer.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike kombuis, eetarea en leefarea. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste. Daar is rusbanke, 'n kaggel, 'n ingeboude kroeg en 'n binnebraai in die sitarea. Hout word voorsien. Buite sal gaste 'n vuurput met stoele aantref.
Personeel is 24 uur per dag beskikbaar om hulp te verleen. 'n Instaan-kragopwekker is beskikbaar. Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word. Wasgoedgeriewe is beskikbaar.
Die lodge kan as 'n geheel bespreek word vir 1 groep van tot 10 gaste op versoek.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Kraanvoëlkuil Farm, Pearston, 5860, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Pearston Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kraanvoëlkuil Farm, Pearston, 5860, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang