Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kransplaas

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Langs die R63, Kendrew-weg, Kransplaas, 18 km vanaf Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 198 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kransplaas is in die hartjie van die Groot-Karoo in die Oos-Kaap. Hierdie werkende plaas is net 18 km vanaf Graaff-Reinet, 'n bekoorlike, geskiedkundige dorpie. Kransplaas is die ideale oorslaapplek vir reisigers wat lang afstande reis of lus vir 'n ontspannende wegbreek is om weer hul batterye te herlaai.

Verblyf word in Nyala Lodge met slaapplek vir 8 gaste en in Springbok Kothuis met slaapplek vir 4 gaste gebied.

Die Nyala Lodge beskik oor 4 slaapkamers, 4 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is vir selfsorg toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n stoep wat reg rondom die lodge strek, met stoepmeubels, 'n buite-etenstafel en braaigeriewe.

Die Springbok Kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 2 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuisie het verhit-en-eetgeriewe. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n stoep met stoepmeubels, 'n piekniektafel en braaigeriewe. Die stoep lei na 'n boma met 'n vuurput.

Die omliggende area bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite wat begeleide toere, voëlkyk, sterrekyk en kleiduifskiet insluit. Nieu-Bethesda is bekend vir die Uilhuis-museum en is net 68,6 km ver.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Doreen A
Besigheidsreis
5.0
Uitstekende verblyf. Ek het bespreek vir die trustees van ons organisasie. Hulle het heerlik oorgebly by Kransplaas. Pragtige kamers, lekker gekuier o...
Sien meer
Nov 2024
Elna M
Saam met vriende
5.0
Absoluut wonderlik. Wat 'n ongelooflike plek om te bly. Die geriewe ken geen perke nie. Als wat kan oop en toe maak, is daar. Ons was aangenaam verras...
Sien meer
Sep 2024
Johan S
Besigheidsreis
5.0
Very nice. Very nice, will do again in future.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Leon S
Saam met lewensmaat
5.0
Die draai daarheen was die moeite werd! Sien die sterre! Ons het 'n wonderlike Karoo nag beleef, alles by die blyplek was perfek.
Jan 2024
Jean K
Gesin met tieners
5.0
Heerlike verblyf! Uitstekende oornagverblyf. Jammer ons kon nie langer bly nie.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rosanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Langs die R63, Kendrew-weg, Kransplaas, 18 km vanaf Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kransplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 198
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 198
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Langs die R63, Kendrew-weg, Kransplaas, 18 km vanaf Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOBSgzKuqR3pWtke2as4FCwOmzyKt4kKUGqrneYdbFSa0pryn7Z?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 198 per nag, vir 2 mense 30 5 1 5 Off the R63, Kendrew Road Kransplaas Farm 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -32.367710613675 24.48230266571

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang