Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Krom Cottage and Westway Corner

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromstraat 1, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Krom Cottage is in die historiese gebied van Montagu in die Breederivier-vallei geleë.

Verblyf is beskikbaar in 2 elegante selfsorg-eenhede met slaapplek vir 2 gaste elk.

Krom Cottage is apart van die hoofhuis. Dit het slaapplek vir 2 gaste in 1 slaapkamer en daar is 1 badkamer, 'n kombuis en 'n eetarea. Die woonstel het 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi. Daar is ook 'n haardroër en 'n verwarmer. Die kombuis is met 'n yskassie, tweeplaatstofie, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste.

Westway Corner het sy eie ingang en is aan die kant van die huis. Daar is 'n buite-eetarea onder 'n pergola met buitemeubels en braaigeriewe waar gaste 'n uitsig op die Langeberge kan geniet. Westway Corner se leefarea is modern en sluit 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolf en 'n tweeplaatstoof in. Daar is ook 'n rusbank, 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi. Die eenheid het ook 'n haardroër, waaier en 'n verwarmer.

Komplimentêre tee, koffie, beskuit, muesli, joghurt, sap en vrugte word voorsien in albei eenhede.

Verskeie restaurante, die Saterdagoggend-mark en 'n aantal winkels, kunsgalerye en museums is alles stapafstand ver. Montagu is bekend vir sy droëvrugte, muskadel en het 3 wynkelders met proelokale.

'n Hele aantal staproetes begin ongeveer 350 m vanaf die kothuis. Dit is ook die ideale basis vir ander doendinge in die omgewing, soos rotsklim, bergfietsry, warmwaterbronne, sterrekyk en trekkerritte. Daar is verskeie ander bekende wynkelders in die area om ook te besoek.

Marchelle, een van die gasvroue, is 'n offisiële toergids met haar eie toeristebesigheid op Montagu. Sy bied begeleide geskiedkundige toere van Montagu te voet óf per fiets aan. Haar kunsfietse wat deur verskeie kunstenaars op die dorp geverf is, kan ook gehuur word.

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Rika V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en netjies. Baie netjies. Muesli en beskuit 'n onverwagte bederf.
Nov 2024
Charlotte D
5.0
Krom Cottage is my go-to verblyf in Montagu. Krom Cottage is die plek waar ons graag bly in Montagu. Die eenheid is altyd pynlik netjies en goed toege...
Sien meer
Nov 2024
William S
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing. It was superb, couldn't ask for better.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Michiel D
Besigheidsreis
5.0
Netjiese en bekostigbare verblyf. Netjiese en bekostigbare verblyf met alles wat nodig is vir 'n gerieflike paar aande se oorslaap.
Sep 2024
Arno M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike plek om te bly met 'n vriendelike en behulpsame gasheer. Netjiese plek en skoon met aankoms.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Kotie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 82

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Kromstraat 1, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Krom Cottage and Westway Corner het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromstraat 1, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGbbBGx7zMOYtEhCoVymMhY7H97Li4lEcZKE3wlW7m21BsoSqqD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 82 5 1 5 1 Krom Street Montagu 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.783801609793 20.114368124639

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang