Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kruger Park Lodge 246

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portia Shabangu-weg, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Vanaf R3 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kruger Park Lodge 246 bied groen tuin-uitsigte en bied ruim selfsorgverblyf in die Kruger Park Lodge-oord in Hazyview. Dit is ideaal vir 'n vakansie saam met 'n groot gesin of 'n groep vriende aangesien die landgoed soveel besienswaardighede en doendinge het om almal te vermaak.

Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. 'n Tweede bad is beskikbaar in die derde badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Deur die hout-skuifdeure is 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel, 'n sitplek en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Hierdie patio lei na 'n houtdek wat perfek oor die omliggende bosveld uitkyk.

Alle gaste het toegang tot die oord se doendinge op die perseel soos 'n gemeenskaplike swembad, tennisbane, 'n putt-putt-baan, 'n oerwoudgimnasium vir kinders, wildkykpunte asook 'n restaurant op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Joey Geverifieer

Eiendomme 28

Resensies 109

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Portia Shabangu-weg, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portia Shabangu-weg, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d30f821fbdbd76f38be17ee811d7b3fd0714ff409fbed5e1465f3308c4c55485a3edf8a814f00c776e44bc9b5e4cc3a0a4a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 300 per nag (plek vir 6) Portia Shabangu Road Kruger Park Lodge 1242 Mpumalanga 021 201 8901 16:00-23:00 10:00 -25.0349314 31.1352667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang