Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Krystal Beach Hotel

Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 12 Sep 2024 tot 15 Des 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 258 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Breakwater-laan, Harbour Island, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 640 R1 848 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Krystal Beach Hotel is op die idilliese Harbour Island se waterfront in Gordonsbaai geleë. Dié hotel bied 'n lieflike uitsig oor die marina en is ideaal geleë, net 37,7 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Verblyf word in 110 smaakvol gemeubileerde kamers in verskillende kategorieë aangebied. Al die kamers het uitsigte op die berge, oor die see, of oor die marina wat vanaf 'n privaat balkon of vanuit die gemak van die sitkamer bewonder kan word. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort, en het geriewe soos lugversorging, 'n yskassie, 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n haardroër en koffie- en teemaakgeriewe.

Die hotel het 'n rits geriewe wat 'n gimnasium, spa, restaurant en 'n kroeg op die perseel insluit. Gaste kan in die hotel se sitkamer of buite op die stoep langs die swembad ontspan. Die stoep en swembad spog met 'n uitsig oor die waterweë en 'n gedeeltelike uitsig oor die see. Konferensiegeriewe is vir sakereisigers beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Gimnasium
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 281 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Nico V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en pragtige ligging. Dit was absoluut heerlik!
Nov 2024
Siviwe S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. We had a great stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Lindsay S
Saam met lewensmaat
5.0
Very happy client. Much more pleasant.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Anusha D
Gesin met klein kinders
5.0
Comfortable and relaxing. Beautiful views, comfortable beds and delicious breakfast.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Hannelie V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike diens en pragtige ligging. Dit was heerlik! Vriendelikste diens en asemrowende uitsig. Krystal Restaurant se kos was uit die boonste rakke...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Celeste Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 281

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Breakwater-laan, Harbour Island, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
  • Gaste dink Krystal Beach Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 640
R 2 640 R 1 848
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 640
R 2 640 R 1 848
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 258 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Breakwater-laan, Harbour Island, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABpmmQdothhWojmepNLSclyeV3iUG1uFosWs0k5kF0CDxAwCJV8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 640 nouVanaf R1 848 per nag, vir 2 mense 281 5 1 5 Breakwater Lane Harbour Island 7150 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -34.151395921663 18.859078288078

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang