Kuduland Shack
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Request Farm, Langs die R355, Bracefield, 5800, Oos-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kuduland Shack is 'n rustieke maar bekoorlike selfsorg-eenheid in die verste hoek van 'n werkende plaas in die Oos-Kaap. Dit bied privaatheid in die natuur.
Die huisie kan slegs met 'n SUV of 'n 4x4 met 'n hoë grondvryhoogte bereik word. Met geen elektrisiteit en TV en minimale selfoonsein, is gaste verseker dat hulle nie gesteur sal word nie.
Die oopplan-huisie beskik oor 'n kombuisie wat goed toegerus is met gastoebehore, 'n yskassie en 'n tweeplaatstoof. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 4. Die huisie het 'n dubbelbed en 2 stapelbeddens. Linne. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die rustieke badkamer is apart van die huisie en het 'n toilet, wasbak en 'n kampstort met 'n uitsig op die heuwels.
Gaste kan op die stoep ontspan, omring deur prentjiemooi heuwels, of 'n rustige wandeling of voetslaanroete aanpak. Gaste kan ook hul bergfietse saambring. Wild soos blesbokke, koedoes, rooihartbeeste, duikers, steenbokke, reebokke en jakkalse kan ook op die perseel gewaar word.
By Kuduland sal gaste kan herlaai sonder die stad se afleidings en goed uitgerus terugkeer huis toe. Ann's Villa Historical Museum en die Zuurbergpas is ongeveer 16 km weg. Die Addo Olifantpark is 54,5 km weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
2 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Ligging
- Request Farm, Langs die R355, Bracefield, 5800, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Request Farm, Langs die R355, Bracefield, 5800, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang