Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Marija Guest House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tipuana-laan 197, Wonderboom, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

La Marija Guest House is in Wonderboom, 'n lowerryke woonbuurt in die noorde van Pretoria, geleë en bied gaste 'n keuse van 2 gerieflik gemeubileerde kamers.

Die kamers is ingerig met dubbelbeddens, en elkeen van die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gerieflikheidshalwe word beddegoed en handdoeke voorsien. Die kamers is toegerus met TV's met Openview HD, toegang tot WiFi, asook kombuisies met yskassies, mikrogolwe en tee- en koffiemaakgeriewe. Rook word nie in die kamers toegelaat nie. 'n Matras kan bygevoeg word teen 'n ekstra koste vir 'n kind onder die ouderdom van 10.

Veilige parkeerplek word agter 'n elektroniese hek voorsien. Aangewese rookareas is in die tuin geleë. Neem asseblief kennis dat dele van die huis via trappe toeganklik is en dalk nie geskik is vir jong kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

La Marija Guest House is net 4 km vanaf Netcare Montana Hospitaal, en 5 km vanaf die Kolonnade Winkelsentrum. Gaste kan die Uniegebou, Vryheidspark, die Voortrekkermonument, die Pretoria Nasionale Dieretuin en meer besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Emilia Petra V
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Dit is 'n wonderlike plek, gasvry en vriendelik.
Mrt 2024
Lizelle C
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig, huislik, rustig. Baie gemaklik en rustig geslaap.
Feb 2024
Riaan D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gasvry en gerieflik. Gerieflike en netjiese verblyf in 'n rustige en boomryke omgewing. Ons gasvrou was baie gasvry en het ons bederf met 'n heer...
Sien meer
Mei 2023
Nadine V
Saam met lewensmaat
4.6
Lekker gebly! Baie netjies, veilig en goed ingerig met alles wat jy benodig. Beste van alles was die 4-poot vriend, Mufasa, wat vir ons daagliks kom k...
Sien meer
Sep 2024
Willem J V
Saam met lewensmaat
4.2
Kort, maar heerlik. Skoon en gerieflik. Het heerlik met vriendelike eienaar gesels die oggend toe ons vertrek het. In baie stil omgewing.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

La Marija Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Tipuana-laan 197, Wonderboom, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Gaste dink La Marija Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tipuana-laan 197, Wonderboom, Pretoria, 0182, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQCBEaWlMjFhR6QiMvSxSpDYNBuxReU7H13uGK12VjDlaQSDGCe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 197 Tipuana Avenue Wonderboom 0182 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.688021811116 28.214023444124

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang