Lagoon Beach 202
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon Beach Hotel 202, Lagoon Gate-rylaan, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R2 178 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Lagoon Beach 202 is 'n selfsorgwoonstel in Lagoon Beach aan die kus van Tafelbaai. Die woonstel het 'n pragtige uitsig op Tafelberg en is die ideale blyplek vir diegene wat Kaapstad en die omliggende area wil besoek. Die goue strande is ideaal vir watersportsoorte so seilplankry en vlieërplankry, en ander doendinge soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet kan hier naby geniet word.
Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Dié kamer het ook 'n balkon met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n stort.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 4 en die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met 'n etenstafel met sitplek vir 4, en bied 'n uitsig oor die see en op die berg. Die woonstel is in 'n veiligheidskompleks met 'n gemeenskaplike swembed en direkte toegang tot die strand.
Lagoon Beach bied 'n Camelot-spa wat gaste direk kan kontak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 781
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Lagoon Beach Hotel 202, Lagoon Gate-rylaan, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Lagoon Beach 202 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon Beach Hotel 202, Lagoon Gate-rylaan, Milnerton, 7441, Wes-Kaap