Lagoonside @ 77
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 000R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lagoonside @ 77 spog met 'n uitstekende ligging, net 80 m vanaf die pragtige strandmeer en het 3 aparte selfsorgeenhede. Daar is 'n dek met braaigeriewe en 'n uitsig oot die strandmeer. Dit is ideaal vir skemerkelkies.
Die verblyf is ideaal vlieƫrbranderryers met die strand om die draai. Daar is ook 'n buitestort.
Eenheid 1 en 2 het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n TV en kombuisie met 'n wasbak, mikroglf, yskassie, ketel, eetgerei en kookgerei. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring. Daar is ook 'n verwarmer teen die muur, elektriese komberse en 'n waaier. Gaste het toegang tot 'n draabare braai. Eenheid 2 het 'n groter yskas en stort. Beide eenhede het Trellidoors en diefwering.
Eenheid 3 is 'n selfsorg-strandkothuis met 3 slaapkamers, waarvan 2 dubbelbeddens het en die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die hoofslaapkamer het ook 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en wasbak. Die aparte badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet. Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, binnebraai, en daar is 'n buitebraai. Dit lei na 'n privaat stoep. Die leefarea het 'n slim-TV met Netflix en YouTube. Die TV is aan 'n omsetter gekoppel wat ononderbroke kragtoegvoer tydens kragonderbrekings verseker. Elke slaapkamer het Trellidoors en diefwering vir veiligheid. Die huis het 'n alarm met 'n paniekknoppie vir 24/7 reaksie-eenheid-uitroep.
Al 3 eenhede het hul eie afstandbeheerders vir die hek en alarm. Daar is veilige parkeerplek op die perseel agter die hek. Gratis WiFi is beskikbaar in al 3 eenhede en die WiFi, alarmstelsel en kameras is aan 'n omsetter gekoppel vir kragtoevoer in geval van beurtkrag.
Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voƫlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anna-Maria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 233
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Lagoonside @ 77 het ān uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ān profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang