Laguna La Crete 38
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R880 per nag (plek vir 6)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Laguna La Crete 38 is 'n ruim eenheid op die eerste verdieping in 'n goedversorgde sekuriteitskompleks, reg op die Uvongo hoofstrand en strandmeer geleë. Dit is net 300 m se stap langs die grasperke af tot by Uvongo se windbeskutte, haai-nette strand met sy bekoorlike strandmeer en 'n pragtige waterval.
Die eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer, wat deur die 2 ander slaapkamers gedeel word, het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n oond en stoof, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring om van hierdie geriewe gebruik te maak.
Die dubbelvolume, onderdakbalkon is ideaal vir buitelug, dog beskermde leefareas. Die eenheid het pragtige uitsigte oor die see, brekers, hoofstrand en strandmeer vanaf die hoofslaapkamer, sitkamer, kombuis en die balkon. Ook inspirerende vroeë oggend sonsopkoms uitsigte vanaf die balkon.
Onderdakparkeerplek, swembaddens, tennisbane en buitebraai-areas is beskikbaar vir gaste se gebruik in die sekuriteitskompleks.
Uvongo is die perfekte plek vir vakansie-maak, en bied die toeriste heeljaar geleenthede vir sonbruin, swem, branderplankry, lyfplankry, visvang, voetslaan, draf, berg- en padfietsry, kanovaart en plesierbootvaart. Verder is die blouvlagstrande van Margate, Ramsgate en Marina Beach net 'n paar minute se ry vanaf Uvongo. Margate bied baie aksie vir jongmense binne en buite seisoen en die nabygeleë St Michaels-strand is 'n goeie plek vir goeie branderplankry-toestande.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Ettienne Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 40
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Laguna La Crete 38 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Beacon Rocks Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang