Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lalapanzi Hotel

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Goed

Netheid
3.7
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.7
Veiligheid
4.1
Sarie P
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Mei 2022

Baie mooi plek. Vriendelike diens, baie rustig.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Christo S
Kort verblyf Besigheidsreis
3.0
Jan 2020

If they clean the place properly, wash the bedding and towels properly, I will recommend them. Food very expensive. TV channels are very bad.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Jan M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Mei 2019

Ietwat teleurstellend, maar tog beïndruk met Inga se tegemoetkomendheid. Die ligging is ideaal langs die N1-hoofweg en maak dit baie toeganklik en bereikbaar. Omdat ek self die vak Gasvryheidsbedryf as deel van Besigheidstudies onderrig het, is ek baie krities. Dié plek het 'n ouwêreldse sjarme met pragtige en goedversorgde tuine. Daar is 'n interessante museum waarvoor by die ontvangs navraag gedoen moet word. Die ruim eenheid, The Stables Luxury Rooms kamer 25, was gereed en netjies. Ons was egter onder die verkeerde indruk (weens ons eie verkeerde interpretasie of afleiding) dat dié Luxury Rooms selfsorg-eenhede is en moes toe ontdek dat ons eenheid nie 'n klein kombuisie insluit nie, maar die eienares, Inga, het ons tegemoetgekom deur die deel-kombuis vir ons beskikbaar te stel, hoewel dit ongelukkig eers die tweede dag van ons tweedag-verblyf was. Wat egter 'n bietjie gehinder het was die hoenderhaan wat albei oggende wat ons daar oornag het, van baie vroeg (drie-uur die oggend) redelik hard en aanhoudend gekraai het. Vir plaasjapies kan dit 'n gevoel van tuiswees gee, maar vir ons was dit nogal hinderlik aangesien ons stilte en rustigheid gesoek het. Ons was besorg oor die veiligheid van die terrein, want toe ons die een aand na 10 terugkeer na ons kamer, was die veiligheidshek nog wawyd oop met geen veiligheidswag in sig nie. Ons het ook nooit 'n afstandbeheer vir die veiligheidshek ontvang soos by ander gastehuise nie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Frances R
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2018

Baie vriendelike atmosfeer. Kiddie friendly omgewing. Ek kon vra vir 'n ontbytkospakkie wat betyds gereed was. Ettie en Johannes is beslis 'n aanwins vir Lalapanzi. Aandete was baie lekker. Die kelnerin het aandag gegee aan ons behoeftes.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marisa C
Kort verblyf
4.0
Aug 2018

Gemaklike kamers, skoon en gerieflik geleë. Skoon kamers met al die nodige fasiliteite. Vriendelike en hulpvaardige personeel. Pragtige tuin met smaaklike kos in restaurant en naby Louis Trichardt geleë.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ronel V
1 nag Besigheidsreis
2.4
Nov 2018

Lekker beddens en kussings. Was nie baie vriendelik verwelkom nie. Inteendeel het hulle nie eens die aankoms verwag nie en was in die verkeerde kamer sonder lugversorging ingboek op 'n dag van 41 grade. Hulle was onbehulpsaam om dit reg te stel. Die kamers was nie baie skoon - spinnerakke, gebruikte seep in die laai, glase wat na seep smaak en selfs die bad het seep ingehad. Die beddens het lekker geslaap en linne was skoon.

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Liezl W
1 nag Gesin met klein kinders
2.2
Jun 2018

Baie skoon, maar geen warm water gehad nie, nie die aand of oggend nie. TV se kanale was onkykbaar, eers teen 20:00 kom instel die aand. Ek het vantevore by Lalapanzi Hotel heerlik gebly en met vol vertroue die bespreking gemaak met my gesin die keer. Was nogal teleurgesteld weens die volgende: TV-kanale was almal uitgestel, het dit gerapporteer en teen 20:00 die aand het iemand gekom om die kanale in te stel. Hy het sy hondjie saamgebring en dié het homself tuisgemaak op die bed. Ek hou van honde, maar het net gedink dis nogals vreemd om jou hond toe te laat om homself tuis te maak op gaste se bed. My seuntjie wou teen 19:00 gaan stort, geen warm water. Dit gerapporteer en hul het toe die geyser gaan aansit. Water neem 'n uur om warm te word en teen die tyd wat die water reg was, het hy reeds geslaap. Ons het ook reeds intussen slaapklere aangetrek en besluit om vroeg die volgende oggend voor ons vertrek te stort. Het aan die ontvangsdame genoem toe ons inteken dat ons vroeg 05:30 vertrek na die Limpopo Xco Fietsbyeenkoms. Toe ons teen 05:00 wou stort was daar steeds geen warm water nie. Ons is al drie sonder om te stort die dag in. Ons het besluit om tussen die 3 van ons vanaf die menu kamerdiens te bestel en bestel toe 2 23 cm pizza's teen R170 gesamentlik. Die pizzas het na 55 min koud by die kamer aangekom, na my seuntjie reeds geslaap het dus honger en vuil aan die slaap geraak. Die pizzas was minder as 15 cm in deursnee. My man het hom teen die tyd vervies en geweier om die pizza te aanvaar. Ons het teruggestap met die klein, koue pizzas en die dame by ontvangs het baie jammer gesê, hulle het die verkeerde basis gebruik. Hulle sal kyk of hulle iewers die regte een kan kry anders moet ons maar ons geld terugvat. Gevolglik het ons al drie vuil en honger gaan slaap.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Jaco M
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Apr 2017

Aangenaam. Netjiese kamer en goeie prys. Ligging naby Louis Trichardt en Polokwane.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Karin C
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Feb 2017

Lekker gebly. Baie vriendelike, aangename personeel. Lekker geëet. Beslis waarde vir geld.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Elizabeth M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Sep 2017

Goeie diens, instandhouding kort aandag. Teleurstellend as die toegangshek se kontrole vir die MTB-roete nie werk nie, veral na die vorige dag se lekker fietswedren. Seer spiere kort weer 'n ligte oefening na die tyd.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.8/5

Xanthe Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, Bandelierkop, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA045691735eebe07f8b2a3cbada57b636661587274907534103c12c0fb9a778b156e72b6df0fa5f44a926bdb7de6f73cfb7d0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 14 5 1 4 N1 Bandelierkop 0920 Limpopo 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -23.448286055254 30.033402442932

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang