Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Langenhoven Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-straat 399, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Langenhoven Cottage is 'n bekoorlike vakansiehuis in Hondeklipbaai. Die kothuis is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n seewegbreek vanaf die stad en is net 500 m vanaf die strand.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste (6 volwassenes en 2 kinders) en het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed asook 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n tripel-stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo (die boonste bed is nie vir 'n volwassene geskik nie). Die eerste badkamer het 'n bad en stort en die tweede slaapkamer het 'n stort.

Die kombuis is met 'n oondjie, drieplaatstoof, mikrogolfoond, toonbank met stoele en 'n waskamer met 'n yskas-vrieskas en stofsuier toegerus. Vadoeke, opwasseep en toiletpapier word voorsien. Die braairooster is in die waskamerkas.

Die stoep is beskut en het 'n braai-area en etenstafel met 8 stoele. Ingeboude sowel as losstaande braaigeriewe is beskikbaar.

Gaste moet asb. drinkwater saambring en brandstof ingooi en voorraad in Garies, Vredendal of Springbok koop voor hulle Hondeklipbaai toe ry. Hondeklipbaai het geen winkelsentrums nie.

Neem asseblief kennis dat Hondeklipbaai van tyd tot tyd gedurende die jaar waterkrisisse het. Tydens sulke krisisse word water streng vir huishoudelike doeleindes gebruik en nie vir wasgoed nie, die huis het 'n tenk wat dan water voorsien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Adri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Ocean View-straat 399, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
  • Gaste dink Langenhoven Cottage het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-straat 399, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbAvTihjPSZohuI4yjsOVSAtYyHTkwftYsfJHJWH6qlQM0xPXms?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 399 Ocean View Street Hondeklipbaai 8222 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.320043851932 17.276253472561

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang