Laniakea @ Mjejane Private Game Reserve
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fish Eagle-weg 34, Mjejane Privaat Wildreservaat, Tamboti, 1320, Mpumalanga
- Vanaf R11 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Laniakea @ Mjejane Private Game Reserve is in die Mjejane Privaat Wildreservaat binne die Groter Krugerwildtuin. Dit kombineer elemente van hout, grasdak, glas en vloere van rei om 'n gerieflike en huislike atmosfeer te skep. Hierdie klassieke Botswana-styl lodge is bekend vir volop voëllewe, met meer as 340 voëlspesies wat in hierdie wildryke area is. Dit bied verblyf aan natuurliefhebbers, wat lief is vir die bos, voëlkyk, hoefdiere of die Groot Vyf.
Dié selfsorg-lodge bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 aparte en suite-slaapkamers. Hierdie slaapkamers word verbind deur 'n paadjie, wat privaatheid in die slaapkamers en 'n gemeenskaplike ruimte op die dek bied. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met die volledige DStv-pakket. Die eetarea langsaan het 'n lieflike etenstafel, stoele en 'n kaggel.
Die onderdakdek spog met 'n pragtige uitsig oor die natuur en die rivier, en dit het sitplek vir gaste, wat die ideale plek is vir 'n skemerkelkie. Net onder die trappe kan gaste 'n heerlike braai geniet en aan die linkerkant van die stoep kan gaste in die plonspoel ontspan.
Gaste mag nie self in die reservaat wildkyk nie, maar 'n 3-uur lange wildrit met 'n geakkrediteerde FGASA-natuurgids kan teen 'n ekstra koste in 'n oop safari-voertuig bespreek word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Louise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Fish Eagle-weg 34, Mjejane Privaat Wildreservaat, Tamboti, 1320, Mpumalanga
- Gaste dink Laniakea @ Mjejane Private Game Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mjejane Game Reserve Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fish Eagle-weg 34, Mjejane Privaat Wildreservaat, Tamboti, 1320, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang