Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lanseria Country Estate

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R512, Lindley Plaas, Lanseria, 1748, Gauteng
  • Vanaf R1 470 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Lanseria Country Estate is op 'n vreedsame landgoed in die Wieg van die Mensdom, net 3 km van Lanseria Lughawe af geleë. Dié het verskeie verblyfopsies te kies en te keur wat dit ideaal vir 'n sakereis, 'n romantiese wegbreek, 'n spanbou-konferensie of 'n gesinswegbreek maak.

Die kamers is elkeen gemeubileer en word daagliks skoongemaak. Elke kamer het DStv, 'n koninggrootte-bed wat op aanvraag in 2 enkelbeddens omskep kan word, elektriese komberse en gratis koffie- en teemaakgeriewe. Gratis WiFi is ook beskikbaar teen sekere bepalings.

Die Selfsorgeenhede is ook toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, broodrooster, potte en panne, eetgerei en breekware.

Die B&B-eenhede sluit die Deluxe Standaardeenheid, die Luukse Standaardeenheid en die Sakpas-eenheid in. Dié en suite-eenhede is ruim, keurig ingerig en word daagliks skoongemaak.

Gaste kan gerus op die dek sit en die sonsondergang geniet of saans sterrekyk. Daar is ook pragtige uitsigte oor die 2 damme wat propvol forel is. Die @ThePlace2B-restaurant op die perseel is perfek vir uiteet, konferensies, spanbou-aktiwiteite, troues en partytjies. Daar is ook 'n speelgrond vir kinders, 'n sokkerveld en plaasdiere. Gaste kan gerus in die landgoed se gemeenskaplike swembad baljaar of voetslaan, draf of fietsry op die gemerkte roetes. Lanseria bied elke Satergoggend om 8:00 die Lanseria Parkrun aan.

Hiér sal dit voel asof jy op die plaas kuier, maar Lanseria Country Estate is steeds naby Fourways, Krugersdorp, Randburg en die Hartbeespoortdam geleë. Dié landgoed is deel van die Crocodile Ramble in die Wieg van die Mensdom en gaste kan gerus deelneem aan alle doendinge in die omgewing.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.3
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Felix Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Langs die R512, Lindley Plaas, Lanseria, 1748, Gauteng
  • Gaste dink Lanseria Country Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 470
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 470
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R512, Lindley Plaas, Lanseria, 1748, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4cd726055badd7bdd617b2f79b115cf4193b8fe7760c4d2fcbf0817f5099c8d993ce0e5f237c5034b8f6f3eddc1bef94d1c6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 470 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 Off R512 Lindley Farm 1748 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -25.91515836237 27.90375208004

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang