Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lazy Daze

Selfsorg

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
5.0
Natasja D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Beautiful en prakties! Wow! Wat 'n aangename verrassing! Die plek is beeldskoon, netjies, skoon en baie prakties ingerig. Jy kan letterlik net klere, kos en sjampoo inpak (asook swemhandoeke as jul van plan is om te swem). Alles anders is daar. Die kombuis het alles wat jy sal benodig. Plungers vir daai koffie snobs soos ons, genoeg sny/hitte planke, potte en panne, asook 'n lekker braaibak en marineerbak. Die uitleg van die huis is baie goed deurgedink en 'n mens kan sien baie moeite het in die huis ingegaan. Ons was selfs verras met 'n bottel bubbly en 'n mooi boodskap vir ons huwelik. Hierdie was nou die perfekte plek vir ons wittebrood se laaste stop. Dit is stapafstand van die strand, daar is ook 'n restaurant om die draai vir daai takeaway tye.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karin V
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Jun 2023

Clean and spacious. Clean and spacious with everything you'd need for a self catering weekend away. Friendly service from the owners.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charlene P
Kort verblyf Saam met vriende
3.8
Feb 2024

Mooi huis, raserige bure. Let op: mens huur nie die hele huis nie. Slegs een slaapkamer uit die drie was oopgesluit vir ons verblyf (deure het kombinasieslotte, dis die eerste keer wat ons dit sien in al die jare wat ons al julle gebruik), eienaar was nie op die perseel om in te teken en die ekstra breekdeposito (R2,000) te kollekteer nie. Swak kommunikasie (boodskap 3 dae voor die einde van ons verblyf om te vra vir breekdeposito oorbetaling, maar geen antwoord toe ek vra vir bankbesonderhede nie). Huis is wel goed toegerus, maar ons sal eerder volgende keer iewers anders bly.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Laurence
Lazy Daze
Let op dat die hele huis beskikbaar is. Ons het nog nooit ons buur mense gehoor of enige klagtes ontvang nie. Ons gaste klok met tye self in met n “lockbox” toegang. Die instruksies is baie duidelik na die gas gestuur. Ons vind ook dat gaste dit wel so verkies. Indien die gas ‘n verwelkoming verwag het, kan dit beslus gelewer word met versoek. Ons het geen keuse op die webtuiste om beddens/kamers wat gebruik word te beheer nie. Ons het in die verlede n “egpaar” ontvang waar dit slegs 2 mense sou wees, maar al die kamers was gebruik. Die tariewe word per persoon aangedui, daar is dus mense wat oneerlik is en daarom as n gas geboek het vir 2 mense as n egpaar dan maak ons een kamer beskikbaar in die huis. Indien daar meer as 2 gaste boek dan is daar meer kamers beskikbaar in die huis natuurlik. Die gas het laat aand met aankoms neem ek aan, aangedui dat hulle nie ‘n paartjie is nie. Ons het onmiddelik die kode gegee vir die slot vir n additionele kamer. Dit was nie aangedui dat dit nie n paartjie is nie, maar dit was wel vlugtig opgelos en die 2 persone het die queen en dubbel kamers gebruik. Die gas het nie goed gekommunikeer nie en volgens ons versoek is dat die gas asb. ons laat weet wanneer hulle vertrek. Dit het nie gebeur nie. Die deposito vereiste het ons gelos omdat die gas deposito moes betaal vanaf UK. Gaste is welkom om die resensies op n ander platvorms te gaan lees.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Laurence Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R1 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Schneiderstraat 31, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA94e102119904b5a9a9f1cde66b0ca09bc59b79f52ba01ef60d1444694d9ad3f665dd578db7ea117e2fd78e4d2052666055a3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 3 5 1 5 31 Schneider Street Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 11:00 -34.6069809 19.3928785

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang