Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Le Franz

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Johannastraat 9, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Le Franz is 'n gastehuis in die stil dorpie, Parys, op die oewer van die Vaalrivier in die Vrystaat.

Verblyf is beskikbaar in 5 eenhede waarvan 4 eenhede toegerus is vir basiese selfsorg. Eenheid 1, 2, 4, 5 het TV's met Netflix-toegang en Eenheid 3 het sekere DStv-kanale. Alle eenhede het toegang tot gratis WiFi.

Die eenhede het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, maar Eenheid 1 het wel 'n bad. Eenhede 4 en 5 is losstaande eenhede. Alle eenhede het buitebraaie.

Elke kamer is 'n plek van privaatheid en rus. Eenheid 2 het sy eie onderdakstoep met 'n ingeboude braai en groot etenstafel. Verder is daar 'n pragtige tuin. Handdoeke en beddegoed word voorsien.

Ander geriewe sluit 'n TV met Netflix, gratis WiFi en lugversorging in. Daar is 'n steunkragstelsel wat die ligte, WiFi, drukpomp en TV's aan kan hou gedurende beurtkrag. Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar.

Le Franz is stapafstand vanaf die rivier, asook die gewilde Hartelus-mark elke eerste Saterdag van die maand. Gaste kan hul visvangtoerusting saambring en by die rivieroewer ontspan.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Tanika B
5.0
Ongelooflike lekker ervaring. Dit was een van die lekkerste blyplekke wat ons nog gehad het. Alles het gewerk, dit was netjies, die gasvrou was baie b...
Sien meer
Apr 2024
Lisbie L
Gesin met tieners
5.0
Gasvrye eienaar, altyd beskikbaar. Kan met groot vrymoedigheid aanbeveel. Lekker gebly. Huis weg van huis gevoel.
Mrt 2024
Samantha C
Gesin met klein kinders
5.0
Felt safe and it's near the river. Lovely location as it's close to the river to take a lovely stroll, and not far from the shops eithe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Ronel V
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflik! Dit was heerlik om by Le Franz te kon oorbly. Diens was puik en baie vriendelik. Alles was netjies en skoon. Sal vir seker weer hier oorbly!
Mrt 2024
Isabel M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gawe en behulpsame eienaars! Sal graag weer kom kuier! Ons het heerlik gebly. Die huis is goed toegerus.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Connie & Frikkie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 75

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Johannastraat 9, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Le Franz het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Johannastraat 9, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAda14c92e1547574991994bca04605a69b8ad575b7d9b38c438e7d02f77cfce719488fba28bfaf34aec8fdfc709079951d8da?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 75 5 1 5 9 Johanna Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.903987 27.442239

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang