Leafy Lane Self-catering
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buchananstraat 45, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Leafy Lane bied gerieflike, plattelandse akkommodasie in selfsorgkamers wat aan die einde van 'n doodloopstraat geleë is, net 2 minute van die hoofweg na Howick af. Leafy Lane is stapafstand vanaf Howick Privaat Hospitaal geleë, en daar is restaurante naby.
Die kamers is oopplan met en suite-badkamers met storte. Elke kamer het 'n klein kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n mini-stoof, 'n ketel, 'n broodrooster, en breekware en eetgerei. Elke kamer het 'n aparte ingang, asook 'n klein sitarea, en 'n TV met sekere DStv-kanale. Linne en handdoeke word ook voorsien.
Daar is ook 'n kothuis beskikbaar vir gaste om te bespreek. Dit het beperkte selfsorggeriewe en bied slaapplek aan 2 gaste.
Howick is die poort na die Midlands Meander. Die area bied sportbyeenkomste soos die Highland Games, die Midmar-myl en talle fietsrygeleenthede. Die skouspelagtige Howick-waterval is net 'n paar minute van Leafy Lane af.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Nicci Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Buchananstraat 45, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Leafy Lane Self-catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Howick Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buchananstraat 45, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang