Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leeuriet Gasteplaas

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Annelie B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Rustige kuier. Die huis is ruim, netjies en baie skoon. Die landskap is pragtig en goed vir die siel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Stil plaashuisie in die veld. Ons het heerlik gebly op leeuriet! Plaashuisie in die middel van niks en nêrens. Doodstil met net 'n paar skape vir geselskap. Ons het met 'n motorfiets gegaan, so pakplek was min, maar ons het al die geriewe wat ons nodig gehad het daar gekry, selfs hout en blits. Daar is wel nie krag nie, so vat maar 'n battery bank saam. Ons het in die veldhuisie gebly en ek sal dit vir enigiemand aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riana M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Heerlik stil, rustig, vreedsaam op die plaas. Mooiste sterre! Heerlik gebly op die plaas. Die lekkerste vleis kon koop op die plaas om te braai! Dankie. Lieflike groot plaashuis op 'n werkende plaas. Binnebraai was gerieflik om te braai in die aande. Tina is baie gaaf en het al ons hordes vrae beantwoord. Ons kon rondstap op die plaas. Ons het seker die meeste vir Jackie, die hondjie, geniet! Hy is te dierbaar! Ons sal beslis weer wil kom indien ons in Nieuwoudtville wil wees. Moet by sê, jul bed het heerlik geslaap! Geen selfoonsein, maar ingeval van nood kon jy WiFi by die plaasopstal gebruik. Dit het ons geensins gepla!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Roy S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

A very comfortable and pleasant 3 days. The Veldhuisie was well equipped with everything needed for a comfortable self-catering stay, in a safe and pleasantly isolated environment. Everything was tidy, clean, and fresh. Warm, sunny, slightly breezy weather was perfect for 3 days over August/September. The outdoor shower was great just before sunset with the warm sun shining through the plastic shelter, as was the outdoor braai under the stars. The last 2 km of road to the Veldhuisie is best with a high clearance vehicle, but with a little road engineering, our Camry got in and out a couple of times well enough. Our host and hostess were both most welcoming and helpful.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Justus P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Ons het gekry wat ons nie geweet het ons kort nie. Toe ek vir akkommodasie gesoek het, was ek so bekoor deur die mooi foto's dat ek nooit die beskrywing van die Veldhuisie gelees het nie. Groot was my verbasing toe Tina, die gasvrou, vra of ons reg is vir 'n paar aande sonder elektrisiteit en selfoonopvange. Net so groot was Tina se verbasing dat ek geen idee van die spesifieke details gehad het nie! Vol valse bravade het ek haar egter verseker dat dit heeltemal in orde is - ek is immers 'n rowwe, growwe man en sal maklik kan klaarkom sonder die luukshede van die normale samelewing. Met 'n paar sakke hout, battery-lampies en aanwysings het 'n simpatieke Tina ons die wildernis ingestuur. Die Veldhuisie was letterlik in die middel van nêrens. Daar was inderdaad geen elektrisiteit nie, en my selfoon kon nie eers 'n noodoproep maak nie. Die enigste teken van beskawing was 'n windpomp so entjie weg. Ten minste het alles gelyk soos in die foto's. Dit was sterk skemer teen daardie tyd en bitter koud, so ek het dadelik 'n vuur gemaak in die groot kaggel/braai. Na 'n lekker warm koppie koffie danksy die gasketel en 'n knetterende vuur in die kaggel, was ons warm en oor die ergste skok. Na 'n gegiggel oor hoe ek redelik belangrike inligting misgekyk het, het die totale stilte en rustigheid van die Veldhuisie en omgewing tot ons deurgedring. En dit was lekker! Maar die grootste verrassing sou bietjie later kom toe die natuur letterlik en figuurlik roep en ons na die buite-toilet toe moes stap: dit was so donker dat wanneer mens jou oë toemaak, daar geen verskil is nie. Totdat jy opkyk en begroet word deur die mooiste, duidelikste en meeste sterre wat jy nog in jou lewe gesien het. Dis so duidelik dat mens die Melkweg kan sien! Ons het met ons koppe agteroor gestaan en kyk na die skouspel totdat die koue en seer nekke ons oorreed het om weer in te gaan. En dis waar ons besef het dat ons nie die enigste inwoners van die Veldhuisie was nie - teen die muur was 'n akkedis so groot soos my hand wat ons nuuskierig aangestaar het. Ons het teruggestaar - wat anders kan jy doen? Ons is immers in sy omgewing! Hy het naderhand vrede gemaak met sy nuwe kamermaats en is terugdak toe om te doen wat akkedis doen. Later die aand sou ons dieselfde ervaring hê met 'n vreeslik oulike veldmuis. Ons het die aand aan die slaap geraak in 'n bed met kraakvars lakens, warm kole wat gloei in die kaggel, en stilte en rustigheid om ons. En 'n akkedis in die dak. Die Veldhuisie het ons vir 'n paar aande laat ontsnap van die lawaai en gejaag van die samelewing. Dit was so lekker om te kan fokus op mekaar sonder enige inmenging van selfone wat biep of TVs wat lawaai. En as mens so onder die sterre staan en jouself verwonder, voel al jou probleme en bekommernisse baie ver weg. Dit was regtig 'n ervaring wat ons nie besef het ons kort nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre K
1 nag Saam met vriende
5.0
Aug 2024

Was fantasties om die oggend in so 'n pragtige omgewing te beleef. Tina het kom inloer en ingelig oor huidige verwikkelinge in die Noord-Kaap wat baie insiggewend was. Haar kort kuier was spesiaal en ons welkom het ons entoesiasties laat voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karien K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Lekker rustige plaas ervaring. Lekker gebly, ons was ongelukkig te vroeg vir die mooi blomme in die omgewing. (middel Aug 2024). Meeste reën het in Julie geval en dit was nog nie warm genoeg nie, maar ons sal definitief weer terugkeer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ilze N
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Rustig en gasvry. Wonderlike oorstop! Ons is baie gasvry ontvang en het die stilte van die plaas baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Michael W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

A rustic century-old farmhouse being restored gave us a wonderful insight. We enjoyed our stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Tina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R27, Leeuwenriet Plaas, Nieuwoudtville, 8190, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA288135acd7330b3c28769cb813e3a35a2b0cb1ebca1fffe1464d5594e354627999a4c1968a68a75611745e6fb6e2082f2a1a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 48 5 1 5 Off the R27 Leeuwenriet Farm 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.476833333333 19.33175

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang