Leeus Villa & Cottage
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Butterfly-straat 2434, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R4 050 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Leeus Villa & Cottage bied eksklusiewe selfsorgverblyf met 'n omsetter in Marlothpark. Die twee eenhede, Leeus-kothuis en Leeus Villa, word saam bespreek, of gaste kan net Leeus Villa bespreek. Ongelukkig kan Leeus-kothuis nie apart bespreek word nie.
Leeus Villa beskik oor 3 slaapkamers met bos- en swembaduitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die twee slaapkamers op die onderste verdieping het elkeen 'n koniningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Al die slaapkamers het lugversorging. Leeus Villa het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Leeus-kothuis het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort en buitestort. Daar is ook 'n privaat stoep en leefarea.
Die kombuis in Leeus Villa is met 'n mikrogolf, ketel, yskas, koffiemasjien, stoof, oond en broodrooster toegerus.
Geriewe by Leeus Villa sluit 'n privaat swembad met 'n bosuitsig in. Daar is ook braaigeriewe. Die stoep bied 'n tweede sitarea en gaste het ook toegang tot 'n privaat dek waar hulle kan wildkyk terwyl hulle 'n skemerkelkie geniet. Gaste kan uitsien na die geleentheid om sebras en kameelperde hiervandaan te besigtig. Die perseel is rustig en die bure is ver van die eenhede af.
Marlothpark is die tuiste van 'n verskeidenheid wildspesies insluitend kameelperde, koedoes, rooibokke, wildebeeste, vlakvarke en meer as 300 voëlspesies. Die Krokodilburg-ingangshek na die Krugerwildtuin is ongeveer 14 km ver en bied die geleentheid vir daguitstappies, begeleide toere, voetslaanroetes en 'n dieper verkenning van die natuurlike wonders wat hierdie area bied. Marlothpark bied ook begeleide toere en voetslaanroetes waartydens gaste meer oor die geskiedenis van die area sal leer.
Die villa en kothuis het gratis WiFi en 'n omsetter wat inskop gedurende beurtkrag. Daar is ook 'n JoJo-tenk vir tye van watertekorte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Petra Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Butterfly-straat 2434, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Leeus Villa & Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Butterfly-straat 2434, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang