Lekkerkry Game Farm
Kry 25% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
-
Vanaf
R5 500R3 850 per nag, vir 16 mense
Beskrywing
Lekkerkry Game Farm bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n rustige bosveld-omgewing met verskeie mak wildspesies wat vrylik rondloop. Die wildplaas is sentraal geleë, 80 km vanaf Johannesburg, 40 km vanaf Potchefstroom, 50 km vanaf die Vaaldriehoek en 30 km vanaf Parys.
Dié stylvolle grasdakhuis bestaan uit 3 slaapkamers, die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, 'n tweede slaapkamer met 'n dubbelbed plus 'n enkelbed en 'n derde slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is 'n gedeelde badkamer en 'n gastetoilet. Die huis bestaan ook uit 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei, stoof, yskas en mikrogolf. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n ingeboude kaggel en 'n TV met DStv. Van die leefarea af lei 'n groot patio met skouspelagtige uitsigte oor die omliggende bosveld. Buite is 'n opelug boma-area wat gaste 'n ontspanne atmosfeer in die bosveld bied en 'n swembad perfek vir daardie warm dae.
Doendinge wat op die plaas beskikbaar is, sluit wildritte, vierwielmotorfietsry, voetslaan en bergfietsry in. Wild op die plaas sluit koedoes, blouwildebeeste, swartwildebeeste, elande, rooibokke, springbokke, rooihartbeeste, njalas, sebras, wildebokke, waterbokke en selfs 'n paar apies en bosvarke in.
Parys en die Vredefortkoepel met sy fassinerende winkels, restaurante en kroeë is net 20 minute se ry weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Coert Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 81
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
- Gaste dink Lekkerkry Game Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang