Lekkerkry Game Farm
Kry 30% af vir verblyf voor 9 Januarie 2025. Bespreekbaar tot 23 Nov 2024
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
-
Vanaf
R5 500R3 850 per nag, vir 16 mense
Beskrywing
Lekkerkry Game Farm bied gerieflike akkommodasie in die beeldskone bosveld met verskeie wildsoorte wat vrylik rondloop. Die wildplaas is sentraal geleë 80 km van Johannesburg af, 40 km van Potchefstroom af, 50 km van die Vaal Driehoek af en 30 km van Parys af.
Die stylvolle grasdakhuis beskik oor 3 slaapkamers: 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, 'n tweede slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en 'n derde slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is ook 'n ruim, gedeelde badkamer en 'n gaste-toilet. Die huis beskik ook oor 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei, 'n stoof, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n ingeboude kaggel en 'n TV met DStv. Daar is 'n groot leefarea en 'n groot stoep met pragtige uitsigte oor die omliggende bosveld. Buite is daar 'n boma waar gaste lekker in die bosveld kan ontspan en daar is 'n swembad waarin gaste kan afkoel.
Doendinge op die plaas sluit in: wildritte, vierwielmotorfietsritte, voetslaan en bergfietsry. Die wildsoorte op die plaas sluit in: koedoes, blouwildebeeste, swartwildebeeste, elande, rooibokke, springbokke, rooihartbeeste, njala's, sebra's, wilde bokke, waterbokke en daar is selfs 'n paar apies en bosvarke.
Parys en die Vredefort Koepel met sy interessante winkels, restaurante en kroeë is net 20 minute se ry weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Coert Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 81
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
- Gaste dink Lekkerkry Game Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang