Leliekloof Lodge
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leliekloof Lodge, Jamestown, 9742, Oos-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Leliekloof Lodge bied selfsorgvakansieverblyf op 'n plaas in die Stormberge in die Oos-Kaap. Dit skuil in 'n pragtige vallei genaamd die "Valley of Art" en word só deur die Suid-Afrikaanse kunstenaar Walter Battiss genoem, vanweë die vele rotskunsterreine.
Leliekloof skuil in 'n unieke wildernis-omgewing wat 1800 m bo seespieël is, waar die Skulpspruitrivier 'n pragtige kloof deur sandsteen- en dolerietheuwels gevorm het.
Verblyf word in die hoofplaashuis gebied waar daar slaapplek vir 8 gaste is. Die plaashuis word uitsluitlik aan 1 groep op 'n slag verhuur en bied 'n unieke plaasvakansie-ervaring waar vriende en familie saam aktiwiteite kan geniet en lekker kan ontspan.
Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer is 'n groot slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer. Die derde slaapkamer is op die solder en het 'n dubbelbed, 'n driekwartbed en 2 enkelbeddens. Dit is ideaal vir kinders. Daar is 'n aparte badkamer op die onderste verdieping. Elektriese komberse op al die beddens word voorsien.
Die ruim plaaskombuis is volledig vir selfsorg toegerus en sluit 'n gasoond, yskas-vrieskaste en 'n mikrogolfoond in. Die eet- en sitarea is oopplan. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 en die sitarea het 'n ingeboude kroeg, oorgenoeg sitplek en 'n groot Alpien-kaggel. WiFi is beskikbaar. Die plaashuis het ook 'n binnebraaikamer met 'n ingeboude braai.
Daar is baie aktiwiteite om te geniet soos rotskuns-uitstappies, visvang, voëlkyk, fietsry, voetslaan, rotsklim, kanovaar, swem of bloot ontspan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Sonelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Leliekloof Lodge, Jamestown, 9742, Oos-Kaap
- Gaste dink Leliekloof Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leliekloof Lodge, Jamestown, 9742, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang