Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leopard Lodge

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R560 - Erfdeel 234, Skeerpoort 477 JQ, Hartbeespoortdam, 0240, Noordwes
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Leopard Lodge is 'n B&B wat in privaat besit is en op 'n 248 hektaar-wildplaas in Noordwes geleë is. Die lodge is op die Magaliesberg-bergreeks en spog met 'n mooi uitsig oor die Hartbeespoortdam en op die bergkant. Leopard Lodge is binne maklike bereik van nabygeleë stede wat dit ideaal maak vir 'n vinnige wegbreek uit die stad. Die lodge is ook 'n trou- en funksie-venue.

Verblyf is beskikbaar in hotelkamers vir 2, 'n chalet vir 4 en 'n huis vir 14 gaste. Die kamer vir 2 gaste en die huis vir 14 gaste het en suite-badkamers en die chalet vir 4 gaste het 1 badkamer, 'n kombuisie en 'n braai-area. Ingwe 20 en Phumula het elk 'n buite-spabad.

Gaste kan middagete en aandete op sekere dae by die a la carte-restaurant bestel. Daar is ook 'n kroeg op die perseel wat oop is op restaurant-dae en maak teen die einde van die restaurant se diens toe.

Om die verblyf ten volle te geniet kan gaste stapskoene, verkykers vir voëlkyk, bergfietse en 'n goeie boek saambring. Daar is 'n swembad, staproetes en WiFi wat slegs in die hoofgebou beskikbaar is.

Aktiwiteite in die area sluit gholfspeel, bergfietsry, die kabelkarretjies, diere-bewareas, bootvaarte, die Van Gaalen-kaasplaas, warmlugballonvlugte en die Cradle Health Spa in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 98 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Carmen K
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig van Hartebeespoortdam vanaf jou dek met 'n jacuzzi. Dit was vreeslik lekker, ons wou nie huistoe gaan nie.
Nov 2024
Rianna V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Rustige omgewing, vriendelike en behulpsame personeel, netjiese kamers!
Okt 2024
Ju-han S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Baie lekker plek met goeie diens. Het ook 'n heerlike ontbyt geniet.
Okt 2024
Lelani P
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies en skoon met vriendelike diens en pragtige uitsig. Die mooiste uitsig oor Hartebeespoortdam en omliggende area. Die diens was uitstekend gewee...
Sien meer
Okt 2024
Elrika R
Saam met lewensmaat
5.0
Dis die plek waar jou siel kan rus. Ons het heerlik gebly. Wens ons kon meer gereeld by Leopard Lodge 'n draai maak.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Reservations Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 98

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • R560 - Erfdeel 234, Skeerpoort 477 JQ, Hartbeespoortdam, 0240, Noordwes
  • Gaste dink Leopard Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R560 - Erfdeel 234, Skeerpoort 477 JQ, Hartbeespoortdam, 0240, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe28095e5e68fdda8ef695256f20cbf395cf62bd1457eb7d48618f788e266125e02cf012c695541addb55c2620c7db09af2e3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 98 5 1 5 R560 - Portion 234 Skeerpoort 477 JQ 0240 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.753644069717 27.7619600453

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang