Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Leopard Lodge

Naweekaanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Feb 2025 tot 29 Apr 2025.

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R560 - Erfdeel 234, Skeerpoort 477 JQ, Hartbeespoortdam, 0240, Noordwes
  • Vanaf R1 500 R1 350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Leopard Lodge is 'n B&B wat in privaat besit is en op 'n 248 hektaar-wildplaas in Noordwes geleë is. Die lodge is op die Magaliesberg-bergreeks en spog met 'n mooi uitsig oor die Hartbeespoortdam en op die bergkant. Leopard Lodge is binne maklike bereik van nabygeleë stede wat dit ideaal maak vir 'n vinnige wegbreek uit die stad. Die lodge is ook 'n trou- en funksie-venue.

Verblyf is beskikbaar in hotelkamers vir 2, 'n chalet vir 4 en 'n huis vir 14 gaste. Die kamer vir 2 gaste en die huis vir 14 gaste het en suite-badkamers en die chalet vir 4 gaste het 1 badkamer. Ingwe 20 en Phumula het elk 'n buite-spabad.

Gaste kan middagete en aandete op sekere dae by die a la carte-restaurant bestel. Daar is ook 'n kroeg op die perseel wat oop is op restaurant-dae en maak teen die einde van die restaurant se diens toe.

Om die verblyf ten volle te geniet kan gaste stapskoene, verkykers vir voëlkyk, bergfietse en 'n goeie boek saambring. Daar is 'n swembad, staproetes en WiFi wat slegs in die hoofgebou beskikbaar is.

Aktiwiteite in die area sluit gholfspeel, bergfietsry, die kabelkarretjies, diere-bewareas, bootvaarte, die Van Gaalen-kaasplaas, warmlugballonvlugte en die Cradle Health Spa in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 108 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Marie V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het Harties en omgewing verken terwyl ons lekker by Leopard Lodge gebly het. Sjoe, voorwaar weer lekker gekuier. Die personeel is so vriendelik, d...
Sien meer
Jan 2025
Adrian N
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Stay was amazing as always. Staff were very helpful and the views are absolutely amazing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Ronel O
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Dit was 'n naweek uit die boeke uit! Dit was so rustig en ons het die uitsig baie geniet! Die personeel is puik en baie vriendelik.
Jan 2025
Wp S
5.0
Rustig en baie mooi! Was 'n baie skoon, netjies en rustig! Baie geniet, sal definitief weer daar bespreek!
Jan 2025
Toni-lee F
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful view and friendly staff. We were only there for one night but would have loved to stay longer. The staff are friendly and eag...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Reservations Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 108

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R560 - Erfdeel 234, Skeerpoort 477 JQ, Hartbeespoortdam, 0240, Noordwes
  • Gaste dink Leopard Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R560 - Erfdeel 234, Skeerpoort 477 JQ, Hartbeespoortdam, 0240, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe28095e5e68fdda8ef695256f20cbf395cf62bd1457eb7d48618f788e266125e02cf012c695541addb55c2620c7db09af2e3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 108 5 1 5 R560 - Portion 234 Skeerpoort 477 JQ 0240 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.753644069717 27.7619600453

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789