Leopard's Kloof
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 105, Keisievallei, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Leopard's Kloof is diep in die berge in 'n versteekte vallei in die Wolwehoek Privaat Reservaat geleë en bied 'n unieke bosveld-ervaring. Dit is heeltemal onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en privaat met 'n houtvuurwarmbad, wat dit ideaal vir 'n romantiese wegbreek maak.
Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed met gehaltelinne. Daar is ook 'n bad in die slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n wasbak en 'n toilet, asook 'n buitestort. Handgemaakte seep en organiese liggaamsprodukte wat met essensiële fynbosolies gemaak is, word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike Chesterfield-rusbank en 'n kaggel. Komberse word voorsien.
Die leefarea lei na 'n groot houtdek met 'n tafel, stoele en 'n hangmat met 'n uitsig oor die bosveld. Een van die paadjies lei na 'n privaat braaiplek en 'n ander paadjie lei na die lieflike warmbad waar gaste lekker agteroor kan sit.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Bad, Toilet
Ligging
- Plaas 105, Keisievallei, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 105, Keisievallei, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang