Letlotse Lodge Plaashuis
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dinokeng Wildreservaat, Boekenhoutskloofweg, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Vanaf R2 050 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Letlotse Lodge Plaashuis is 'n bekoorlike selfsorghuis in die hartjie van Dinokeng Wildreservaat sowat 9 km vanaf Hammanskraal. Hierdie huis bied 'n intieme wegbreek aan die hele gesin of 'n groep vriende wat na 'n rustige toevlugsoord soek.
Die huis het lugversorging en bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n sitarea en 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n koffietafel, TV en 2 enkelbeddens. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n piekniektafel en direkte toegang tot 'n privaat braai-area, vuurput en 'n groot lapa met oorgenoeg sitplek. Gaste kan die gemeenskaplike swembad geniet of piekniek hou langs die omheinde eendedam. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Etienne Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 4
Resensies 23
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- Dinokeng Wildreservaat, Boekenhoutskloofweg, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Gaste dink Letlotse Lodge Plaashuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dinokeng Wildreservaat, Boekenhoutskloofweg, Hammanskraal, 0400, Gauteng