Licorna Beach Vakansie Woonstel 53
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 800 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Licorna Beach Vakansie Woonstel 53 is op die strand en bied selfsorgverblyf aan 8 gaste in Umhlanga.
Hierdie woonstel is op die vyfde verdieping en word via 'n hysbak bereik. Hierdie eenheid het lugversorging, 'n sy see-uitsig, 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, hand wasbak en 'n toilet. Twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en daar is 'n dubbelbed in die leefarea. Die kamers deel die gebruik van die badkamer met 'n bad, stort, hand wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word.
Gaste kan in die sitarea ontspan wat 'n TV met sekere DStv-kanale (Business Stay Esential ) pakket het en dit lei na 'n groot stoep.
Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste het toegang tot die gemeenskaplike braai-area. Daar is veilige parkeerplek en 'n veiligheidswag. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Skottelgoed word nie gewas nie, en ongelukkig kan troeteldiere nie geakkommodeer word nie.
Umhlanga het pragtige strande vir skulpe soek, branderplankry, snorkel, skubaduik, roeiplankry, die jaarlikse sardientjieloop tussen Mei en Julie, asook verskeie gholfbane en staproetes. Gaste kan besienswaardighede besoek soos die Umhlanga Lagoon Nature Reserve, die inheemse Hawaan-woud, Beachwood Mangrove Nature Reserve, die Gateway Theatre of Shopping, die Umhlanga-vuurtoring, die Sibaya Casino & Entertainment Kingdom, en verskeie restaurante, kroeë en winkelsentrums.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Enna Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 161
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Licorna Beach Vakansie Woonstel 53 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang