Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lindani Game and Lodges

  • Kapasiteit: 91 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Melkrivierweg, 37 km vanaf Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Vanaf R400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lindani Game and Lodges is op 'n 3 000 hektaar wildplaas in die Waterberge geleë. Die wildplaas bied 'n verskeidenheid verblyf-opsies en buitemuurse doendinge, asook 'n opwindende bosveld-wegbreek vir die gesin, met 70 km se fietsry- en staproetes deur wildbelaaide vlaktes.

Verblyf word gebied in pragtig ingerigte, privaat selfsorg-lodges, of 'n tentkamp of kampplek vir die meer rustieke bos-ervaring.

Elke lodge beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, 'n oond en stoof, en tee- en koffiemaakgeriewe, asook sy eie braai-area. Sommige van die lodges het hul eie privaat swembad, en 3 van die lodges het toegang tot 'n gedeelde swembad. Gratis onbeperkte WiFi en 'n eko-vriendelike kragtoevoer is beskikbaar, as gevolg van die lodges se eie sonkragstelsel.

Molope Tented Camp bestaan uit safari-tente wat onder die berg geleë is, toegerus met gemaklike beddens, wasbakke en toilette, benewens die gemeenskaplike ablusiegeriewe. Die kamp het 'n goed toegeruste gemeenskaplike kombuis, braai-area en privaat, omheinde swembad.

Die kampplek is geleë aan die voet van 'n pragtige beboste 'krans', wat uitkyk oor 'n uitgestrekte wildbelaaide vlakte. Daar is 4 skoongemaakte staanplekke vir tente, 'n gemeenskaplike braai-area, 'n ablusieblok met ligte, warm storte, toilette en wasbakke, en 'n dubbelwasbak met warm water. Daar is geen proppunte nie.

Lindani bied 'n aantal doendinge, soos roetedraf, wildkyk en rotsklim, asook middagetes, sonsondergang-aandetes en pieknieks wat bespreek kan word. 'n Spysenieringsdiens is beskikbaar by die Lindani Plaaskombuis.

Lindani Game and Lodges is 37 km vanaf Vaalwater, 227 km vanaf Pretoria en 284 km vanaf Johannesburg geleë.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sanet C
Saam met lewensmaat
5.0
Altyd lekker om ons honde te sien vry hardloop in die natuur. Absoluut heerlik gekuier.
Nov 2024
Colette S
Saam met vriende
5.0
Exceptional stay. Friendly staff and the food is amazing. I would like to extend my heartfelt thanks to your wonderful team, especially...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Sue B
Saam met vriende
5.0
Absolutely awesome. Lindani always superb. Staff extremely friendly and helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Hein S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike private plek, goed ingerig, veilig en 'n vredevolle blyplek. Baie om. Baie om te doen en te verken.
Jan 2024
Christo S
Gesin met klein kinders
4.8
Baie rustig en gemaklik. Wonderlike boservaring. Ons het baie lekker gebly. Die eenheid was gemaklik en netjies en het alles gehad wat ons nodig gehad...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Martha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Melkrivierweg, 37 km vanaf Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Gaste dink Lindani Game and Lodges het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 91 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Melkrivierweg, 37 km vanaf Vaalwater, 0530, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa6c14e2f218ba4395d6adf283727ec34e48859390f0f4e68b1c8edc06fd5d0bd3c93f036760d91f92e2fd58f4a91b9611355?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Melkrivier Road 37 km from Vaalwater 0530 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.04598 28.339892

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang