Linquenda Gaste Plaas
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Annandaleweg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Linquenda Gaste Plaas skuil op 'n bekoorlike plaas aan die buitewyke van Stellenbosch. Die plaas lê in die hartjie van die Kaapse Wynlande, bekend as die langste en oudste wynroete ter wêreld en is een van die grootste toeriste-aantreklikhede van die Wes-Kaap, met meer as 145 wynkelders.
Die verblyf word aangebied in 'n keuse van 3 smaakvol gemeubileerde eenhede wat elkeen toegerus is om in gaste se selfsorgbehoeftes te voorsien. Elke eenheid beskik oor 'n TV met toegang tot DStv en 'n gemaklike sitkamer terwyl sommige eenhede 'n balkon het.
Daar is 'n seisoenale swembad op die plaas, braaigeriewe en WiFi op die perseel beskikbaar.
Stellenbosch bied 'n verskeidenheid doendinge wat gholf, wynproe, kanovaart, voetslaan, visvang, 4x4-roetes, abseil en bergfietsry insluit. Die plaas is binne maklike bereik van die Universiteit Stellenbosch, Jonkershoek Natuurreservaat en wynlandgoedere.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Gerard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Annandaleweg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Linquenda Gaste Plaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Annandaleweg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang