Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Little Breede Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Joseph Barry-rylaan, Breede River Lodge and Fishing Resort 202, Witsand, 6660, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Little Breede Cottage is 'n pragtige selfsorgkothuis in die veilige Breede River Lodge and Fishing Resort in Witsand. Dié kothuis het lieflike uitsigte oor die Breederivier, en gaste kan die mooiste sonsondergange vanaf die patio geniet.

Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir altesaam 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n ekstra-lengte koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer op die solder het 2 driekwartbeddens. Neem asseblief kennis dat daar 'n steil trap is wat na die slaapkamer lei, en gaste maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, yskassie, lugbraaier, asook 'n sentrale etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar, sowel as 'n UPS.

Die voorstoep het buitesitplek waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet terwyl hulle oor die rivier uitkyk en die agterplaas het 'n oulike tuin met 'n ingeboude braai en piekniektafel. Gaste het volle toegang tot die oord se gemeenskaplike swembad en privaat hawe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Yvette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 66

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Joseph Barry-rylaan, Breede River Lodge and Fishing Resort 202, Witsand, 6660, Wes-Kaap
  • Gaste dink Little Breede Cottage het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Joseph Barry-rylaan, Breede River Lodge and Fishing Resort 202, Witsand, 6660, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3980e960f2a0524ef33731a16628252d8f4716ed6d0bc924756291dcc06693b890f91a1772305464c6cdf3b7ad7727ecac21?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 Joseph Barry Avenue Breede River Lodge and Fishing Resort 202 6660 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.396265252488 20.826652082803

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang