Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lodge 90 - Pinnacle Point Estate

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pinnacle Point-rylaan 1, Pinnacle Point-landgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Lodge 90 - Pinnacle Point Estate is 'n smaakvolle dubbelverdieping-vakansiehuis op die pragtige Pinnacle Point Gholf- en Kuslandgoed. Dié landgoed bied toegang tot 2 intieme strande met 'n 4 km se ongerepte kuslyn en 'n 100 ha-natuurreservaat langsaan.

Pinnacle Point is in 2016 en 2017 as Suid-Afrika se beste gholfbaan by die Jaarlikse Wêreld-gholftoekennings aangewys. Gaste kan teen 'n afslag gholfspeel en het toegang tot die Spa en Gesondheidsentrum.

Lodge 90 bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is TV's in albei kamers.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV met DStv en 'n kaggel en gratis WiFi is beskikbaar.

Die beskutte patio het stoepmeubels en 'n ingeboude braai. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig voor die lodge beskikbaar. Die huis bied 'n uitsig oor die swembad en het ook 'n beperkte see-uitsig.

Dit is die ideale gesins- of groepvakansiebestemming met 'n pragtige strand en 'n rits doendinge.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Sharon A
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese plek en het als wat jy nodig het! Baie lekker gebly. Dit was ons tweede keer en sal weer teruggaan. Ons het ons rekenaar en luidspreker ve...
Sien meer
Mrt 2024
Tinus F
Saam met vriende
5.0
Baie lekker stil en veilige omgewing en woning is top kwaliteit. Baie netjies en skoon met alles wat nodig is vir selfsorg.
Mrt 2024
Heather J
Gesin met tieners
5.0
Naweek was baie lekker en rustige atmosfeer. Die naweek het ons baie geniet, ten spyte van die beurtkrag wat ons gehad het. Ons was by Santos strand e...
Sien meer
Feb 2023
Norman S
Saam met lewensmaat
4.2
Good value for money. We enjoyed the stay. Very well equipped. Request a larger TV in the bedroom and DSTV upgrade to a PVR.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Daan B
Saam met lewensmaat
4.2
Baie lekker en veilige landgoed. Om dieselfde voordele as permanente inwones te kan gebruik.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Steve Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 21

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Pinnacle Point-rylaan 1, Pinnacle Point-landgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lodge 90 - Pinnacle Point Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pinnacle Point-rylaan 1, Pinnacle Point-landgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA460477777580d8e91f7839e06781062443f64bc8660173eb2439cc2dd99ecac217ee8c81023fb129feeb7f3cb85163f2f3b2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4) 19 5 1 5 1 Pinnacle Point Drive Pinnacle Point Estate 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.196370895693 22.089099268123

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang