Log Cabin
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fisant 76, Meerenbosch, Middlevlei Estate, Fisherhaven, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R1 495 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Log Cabin is 'n dubbelverdieping-houthuis in 'n natuuroord net 10 km buite Hermanus. Hierdie selfsorg-huis is teenaan rye Melkhoutbome wat die gevoel van 'n woud skep, maar is steeds net 7 minute se stap vanaf 'n privaat strand en Botrivier-meer. Die aktiwiteite is onbeperk, gaste kan voëlkyk, wilde perde sien, en luilekker wandel langs die strand of meer. Die verblyf het litiumbatterye en word nie deur beurtkrag beïnvloed nie.
Die Log Cabin bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n gastetoilet. Daar is ook 'n kombuis, eetarea en leefarea. Die eerste en tweede slaapkamer is saam met die badkamer op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n TV en skuifdeure na die balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed. Daar is ook 'n gastetoilet met 'n wasbak en 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaat-gasstoof, elektriese oond, 'n broodrooster en ketel toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4. Die leefarea het 'n L-vormige bank en 'n lieflike privaat braaiarea met 'n ingeboude braai waar gaste onder die koeltebome om die piekniek-tafel kan kuier. Rook is verbode binne die eenheid, maar asbakkies word voorsien om buite te kan rook.
Die natuuroord het 2 gemeenskaplike swempoele, 2 tennisbane en 'n speelarea vir kinders.
Hierdie intieme verblyf is ideaal vir avontuurlustige families wat wil wegbreek van hul besige leefstyl. Gaste word aangeraai om hul fietse, speelgoed en strandgeriewe saam te bring.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Rosie & Frank Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Fisant 76, Meerenbosch, Middlevlei Estate, Fisherhaven, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Log Cabin het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fisherhaven Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fisant 76, Meerenbosch, Middlevlei Estate, Fisherhaven, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang