Lone Wolf's Lair
Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lapa Manzi 4, Lindequesdrif, Vaal Oewer, Parys, 1911, Vrystaat
-
Vanaf
R5 100R4 590 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Lone Wolf's Lair is ’n unieke en privaat selfsorgkothuis met ’n grasdak op die oewer van die Vaalrivier in Lindesquesdrif. Hierdie 180 m²-kothuis bied pragtige uitsigte vanaf al die kamers en is ongeveer 25 km vanaf Parys se middedorp en 40 km vanaf Vanderbijlpark. Die area spog met 'n hele rits aktiwiteite en meer inligting hieroor kan op versoek gedeel word.
Dié vakansiehuis is geskik vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2,5 badkamers. Die oopplan-slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n sit- en eetarea. Die en suite-badkamer het 2 storte, 2 wasbakke en 'n bad. Alles is met die hand uit ysterhout gemaak.
Die boonste slaapkamer het 'n koningingrootte-hemelbed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort en 2 houtwasbakke.
Die kombuis is met 'n waterfilter-sisteem, 2 klipwasbakke, 'n yskas, mikrogolf, gasstoof, lugbraaier en AMC-kookware wat eetgerei en breekware insluit toegerus.
Die leefarea lei na 'n beskutte stoep met 'n Jacuzzi. Daar is ook 'n Nespresso-koffiemasjien. Die leefarea bied ook 'n kaggel met 'n Amerikaanse Indiaan-tema en 'n TV vir Netflix en ander mediavermaak met gratis WiFi. Groot vensters het 'n uitsig oor die tuin en rivier.
Die Jacuzzi is beskikbaar vir 6 ure se gebruik vir elke nag waarvoor betaal is.
Die kothuis het ook gasgeisers, 'n gasstofie en daar is ’n boorgat met ’n waterfiltersisteem.
Gaste kan hul eie kano's of kajaks bring om op die rivier te gebruik, of hulle kan visvang op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lapa Manzi 4, Lindequesdrif, Vaal Oewer, Parys, 1911, Vrystaat
- Gaste dink Lone Wolf's Lair het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vrystaat
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lapa Manzi 4, Lindequesdrif, Vaal Oewer, Parys, 1911, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang