Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lookout Deck Studio

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ash-singel, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lookout Deck Studio is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op 'n apart gehuurde vakansie-eiendom in die hartjie van Wavecrest, Jeffreysbaai. Dit bied lieflike see-uitsigte vanaf die balkon waar gaste ook seisoenale walvisse en dolfyne kan besigtig wat in die branders baljaar.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware asook 'n tee- en koffieskinkbord. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n muurgemonteerde slim-TV met Netflix en 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n balkon met buitesitplek en 'n Weber-braai wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Tydens beurtkrag sal die Wi-Fi deur batterykrag gerugsteun word.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Collette Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 5

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Ash-singel, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ash-singel, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9662a11feb723decf9913043bd550aee1fb212a42f15898d2e3a6c5b6dfb0ff1cf513506f6a374c5e52a63a231596fd7b4c5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 2) Ash Crescent Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0391874 24.9248459

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang