Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lorita's

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R550 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lorita's bied B&B-verblyf op die eienaar se perseel in George. George skuil aan die voet van die Outeniekwaberge. Dis ook die ideale basis waarvandaan gaste die Tuinroete kan verken.

Eenheid 1 beskik oor 1 slaapkamer en het slaapplek vir 3 gaste. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en ’n enkelbed op versoek. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het ook 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n klein yskassie 'n etenstafel met stoele. Daar is 2 gemakstoele wat na die stoep geskuif sal word indien 'n derde gas die enkelbed gebruik. Daar is 'n piekniektafel met stoele op die stoep. Daar is geen TV nie, maar gaste het toegang tot braaigeriewe en WiFi is besikbaar.

Eenheid 2 is op die eerste verdieping en het 'n balkon met 'n tafel, sitplek en 'n braai. Daar is slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Aangesien vloerruimte beperk is, sal dit nie aanbeveel word vir lang verblyf nie. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is geen TV nie, maar wel gratis WiFi.

Aktiwiteite in die dorp en omgewing sluit visvang, hangsweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk binne seisoen, en perdry in. Gerieflik naby die middedorp en slegs 'n paar minute se ry van die Garden Route-winkelsentrum af. Die verblyf is stapafstand vanaf 'n supermark en 'n wassery.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Openbare vervoer naby

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 135 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Magdel W
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige omgewing, baie belangrik dat daar geen geraas was nie. Lekker gebly, persoonlike diens was uitstekend.
Feb 2025
Sandra D
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely awesome. Marie was the perfect host, friendly and professional. The place was clean; everything was great. I will definitely...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Rian E
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, stil en sentraal. Lorita's is 'n gerieflike eenheid in 'n stil area, sentraal en veilig. Sal beslis weer daar oorslaap as ons weer in die a...
Sien meer
Okt 2024
Tertius B
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Ons was hartlik ontvang deur die eienaar. Alles is netjies en gemaklik. En die omgewing is rustig en pragtig, en die poue wat roep het bygedra...
Sien meer
Okt 2024
Nasley H
Gesin met klein kinders
4.0
Lekker gekuier om die braaivleis vuurtjie. Alles was skoon en netjies met ons aan. Baie lekker gebly, net verskriklik warm dag gewees, maar die verbly...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 135

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lorita's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA281caa0b388a75a97cafd7b73ec27b8b6dc12f2fc2ecb24a707e0fa0b2f9d4e38a117e9c87ee2763956e46a2775064a306d8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag, vir 2 mense 135 5 1 5 70 Kerk Street Denneoord 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.948242677686 22.470729221754

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang