Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Losgeboer

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 78, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 528 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Losgeboer bied selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Agulhas en bestaan uit 'n hoofhuis en 'n woonstel. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n gesinswegbreek aan die kus van die Overberg aangesien dit ook net 'n entjie van die strand af is.

Dié eiendom kan altesaam 10 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en nog 2 met 'n stapelbed in elk. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die hoofhuis se oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 2 induksieplate, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Die woonstel se kombuis is toegerus met dieselfde toebehore behalwe dat dit 'n gasstoof het. Die hoofleefarea het 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Vanuit hierdie eetarea lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar.

Die hoofhuis en die woonstel het albei 'n binnebraai wat ideaal is vir die winter. Die hoofhuis het stapeldeure wat oopmaak op 'n sonnige patio met buitesitplek waar gaste met 'n skemerkelkie kan ontspan. Buitebraaigeriewe is ook beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet
Badkamer 4

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Sanelle Geverifieer

Eiendomme 43

Resensies 74

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 78, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 528
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 528
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 78, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8311514704ee02311167fbf91609e385df96d4bde1d1d06cd55ee57927f8e8324ecbd0499cb562d2569fd0eefe8ee99a3f8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 528 per nag (plek vir 10) 78 Main Road Agulhas 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.8226195 20.0229942

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang