Loxley House & Conference Centre
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Clifton School-weg, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 390 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Loxley House in Nottingham Road is een van die voorste gastehuise en konferensielokale in die KwaZulu-Natalse Middellande. Loxley House beskik oor spogtuine en 'n eksklusiewe swembad-area waar moeë reisigers kan ontspan en hulself kan verlustig in die prag van die Natalse Middellande. Nottingham Road word beskou as die middelpunt van die Middellande - meer sentraal as dit sal jy nie kry nie.
Loxley House bied hoëgehalteverblyf in 15 suites. Elke suite front na die tuin, het 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad of bad en aparte stort, en beskik oor 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed. Ons ruim suites met hul vreedsame atmosfeer is veral ideaal vir gesinne en wittebroodpaartjies.
Loxley House se kookkuns word hoog aangeskryf - geniet 'n heerlike ontbyt of 'n fynproewers-aandete in die hoofeetkamer met sy groot, oop kaggel, ideaal vir die Middellande se winteraande. Gaste kan ook 'n ligte middagete of tee op die ruim stoep kom geniet. Ons spyskaarte is innoverend en voldoen aan alle smake. Ons maak voorsiening vir spesiale geleenthede soos verjaardae, herdenkings, jaareindfunksies en troues.
Loxley House het 'n moderne konferensielokaal - die Yellow Wood-kamer - met plek vir 40 afgevaardigdes. Daar is nog 2 aangrensende lokale, al die nodige konferensiegeriewe en WiFi. Daar is lugversorging wat verhit en verkoel om gemaklike werksomstandighede te verseker. 'n Konferensiepakket kan volgens jou bepaalde behoeftes saamgestel word.
Loxley House het ook onlangs 'n Body Wellness geopen waar gaste afsprake kan maak om met skoonheidsbehandelings en masserings bederf te word.
Doendinge in die omgewing sluit die Midlands Meander, met sy kuns, kunsvlyt en dekor in. Hierdie omgewing is ook bekend vir wêreldklas-kunsvlieghengel. Visspesies soos reënboogforel, wilde bruinforel en geelvis word hier aangetref en daar is selfs gidse indien nodig. Die omgewing het drie 18 putjie-gholfbane wat nasionaal geakkrediteer is. Ons is ook net 'n entjie vanaf die Anglo-Zulu slagvelde en die ontsagwekkende Drakensberge met sy Sani-pas, toegangspoort tot Lesotho. Ander doendinge in die omgewing sluit wynproe by KZN se wynkelder, kleiteikenskiet en perdry in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.6/5
Angie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Clifton School-weg, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Loxley House & Conference Centre het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Balgowan Nottingham Road Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Clifton School-weg, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang