Luara Wildlife
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 22, Boschfontein, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Luara Wildlife is op 'n prentjiemooi plaas in die buitewyke van Thabazimbi geleë en net 'n entjie se ry vanaf Marakele Nasionale Park. Wildritte kan gereël word om die wild wat vrylik op die plaas rondloop te besigtig.
Die verblyf bestaan uit 'n losstaande boomhuis of 2 stelle permatente. Die Meerkat Manor-boomhuis het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en word met 'n stel trappe bereik. Die oopplan-slaapkamer op die tweede verdieping het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed wat vir 2 kinders van onder 12 jaar geskik is. Die en-suite badkamer het 'n stort. Die kombuisie op die grondverdieping het 'n yskassie en 'n gasstoof. Daar is 'n privaat braai-area en swembad by Meerkat Manor.
Die Bushbabies Nest-tent is vir gaste wat 'n onder-die-sterre, in-die-bosveld ervaring wil hê. Dit is geskik vir 2 volwassenes en is in 3 verdiepings verdeel. Die derde verdieping bied 'n sterrekyk-ervaring en het 'n koningingrootte-hemelbed met 'n muskietnet. Die slaapkamer op die tweede verdieping het ook 'n koningingrootte-bed. Die grondverdieping beskik oor die kombuis wat met 'n gasstoof, kamp-yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. By Bushbabies Nest is 'n lapa met privaat braaigeriewe en 'n swembad. As dit reën is die derde verdieping nie beskikbaar nie. 'n Koepeltent sal dan beskikbaar gemaak word wat 2 enkelbeddens het. Die tent het sonkrag.
Die Luxury Tents bestaan uit tente wat met houtbrûe verbind is. Die eerste tent het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede tent het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die brug lei na 'n groot buitestort, 'n buitekombuis wat volledig toegerus is en 'n lapa-area. Die Luxury Tents het 'n privaat swembad en braai-area.
Die plaas bied talle aktiwiteite wat bergfietsry, wildritte en visvang insluit.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Plaas 22, Boschfontein, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Gaste dink Luara Wildlife het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Thabazimbi Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 22, Boschfontein, Thabazimbi, 0380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang