Magdala Guest Farm
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elim-weg, Napier, 7270, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Magdala Guest Farm bied lieflike selfsorgverblyf op 'n werkende plaas 5 km vanaf Napier. Dis is aan die voet van die Soetmuisberg, tussen Caledon en Bredasdorp in die Kaap Agulhas Overberg-streek, en is ideaal vir 'n rustige wegbreek.
Verblyf word gebied in 'n plaashuis wat slaapplek bied aan 7 gaste of 'n woonstel met slaapplek vir 2 gaste. Die plaashuis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die vierde slaapkamer 'n enkelbed het. Die tweede badkamer het 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware, asook 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel.
Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die leefarea het 'n koffiestasie met 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dié woonstel het ook 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Gratis WiFi is in albei eenhede beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Elim-weg, Napier, 7270, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elim-weg, Napier, 7270, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang