Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Magda's Place

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dasseneiland-rylaan 118, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 450 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Magda's Place is 'n gesellige en ruim selfsorg-eenheid in die hartjie van Pearl Bay in Yzerfontein. Dis net 'n paar meter van die strand af met heerlike poele waar kinders veilig kan baljaar.

Daar is 2 slaapkamers, een met 'n koningingrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens. Handdoeke en beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke bring. Daar is 'n toilet en wasbak en die tweede badkamer het 'n stort en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Verder is daar braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Die eenheid is onder die hoofhuis geleë maar is heeltemal privaat.

Yzerfontein met sy wit strande en heerlike branders is baie gewild vir vlieërbranderplankry, branderplankry en lyfplankry. Dit is ook 'n puik bestemming vir doendinge soos fietsry, visvang, kanovaart en walvis- en dolfynkyk in seisoen. Dit is minder as 100 kilometer vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en sowat 33 km vanaf Langebaan wat dit ideaal maak vir dagbesoeke aan die Weskus.

Die verblyf het sonkrag.
Ongelukkig is die verblyf nie troeteldiervriendelik nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Magrieta D
Saam met lewensmaat
5.0
Wat 'n heerlike kuier. Goeie ligging, skoon, netjies met alles wat jy nodig het. Magda's Place het 'n goeie ligging. Dit is skoon, netjies en toegerus...
Sien meer
Mrt 2025
Louise V
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi, skoon, lekker ligging! Ja! Baie lekker! Die eienaars is baie vriendelik, die huisie is pragtig en die ligging is baie lekker naby die see!
Feb 2025
Janeke V
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastiese plek om lekker te kuier en rus. Baie lekker ligging. Uitstekend ingerig. Baie vriendelike gasvrou.
Apr 2024
Ethan D
5.0
Relaxing, beautiful and clean. We had some complications with the booking, and the hosts resolved the matter with patience and integrit...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Theana N
Gesin met klein kinders
5.0
Magical. Pearl Bay, Yzerfontain & Magda all very special. Pearl Bay is magical, Magda is lovely and the place is special. Beautiful and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Magda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Dasseneiland-rylaan 118, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Magda's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 450
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 2 450
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dasseneiland-rylaan 118, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1e6190f5321b10be475c631872b9f801bcea67589afb898f80feda6ae0f8bcf6cfb8119b452e3925707f0e97d3bd69466b4b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 450 per nag, vir 4 mense 26 5 1 5 118 Dassen Island Drive Pearl Bay 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.364271548857 18.162155896425

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011