Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Magoebaskloof Birders' Cottages

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dragonwyck Plaas A46.5, R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Magoebaskloof Birders' Cottages is geleë op Dragonwyck Farm, 'n werkende plaas wat avokado's en inheemse plante produseer. Geleë op die rand van die Limpopo Drakensberg platorand, en toeganklik deur 2 km grondpad. Die kothuise is in Magoebaskloof, naby Haenertsburg, geleë.

Verblyf word in 2 kothuise gebied. Alle kothuise het WiFi. Robin Cottage is ideaal vir 'n gesin en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 'n sitkamer, 'n badkamer, 'n kombuis en 'n privaat buite-dubbelbad. Trogon Cottage kan 'n paartjie akkommodeer en is 'n ideale wittebroodplek. Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer, 'n sitkamer, 'n badkamer, 'n kombuis, 'n privaat buite-dubbelbad en 'n klein plonspoel.

Dragonwyk Farm beoefen natuurlike boerderymetodes en het gevolglik baie voëls en diere wat saam op die plaas bestaan. Elke kothuis word omring deur inheemse plante, wat die ideale habitat bied vir baie voëls en diere. Gaste kan staptogte op die plaas geniet, wat die strome volg en toegang tot die platorandwoud bied.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 133 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
John G
Saam met lewensmaat
5.0
A must for bird watchers with comfort added. The stay was most pleasant indeed. All went well. The cottage was extremely comfortable wi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Lida O
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige ligging, ons het baie lekker gebly en sal vir seker teruggaan. Sien sterre.
Nov 2024
Nadia M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gekuier, pragtige verblyf en omgewing. Wonderlike verblyf!
Okt 2024
Elma S
Saam met lewensmaat
5.0
Sal vir almal aanbeveel. Baie rustig, pragtige wandelpaaie.
Sep 2024
Elize M
Saam met vriende
5.0
‘n moet vir mense wat die natuur waardeer en geniet. Baie dankie, vir al die moeite en dat jy hierdie pragtige paradys met ons deel.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Mark Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 134

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Dragonwyck Plaas A46.5, R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Magoebaskloof Birders' Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dragonwyck Plaas A46.5, R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa9cb3f45ae20962430feed9382677c69ea71ff4b81d7236653c58358d94b40ac8b20b8861ef382f8280b86090ea849a411fe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 133 5 1 5 Dragonwyck Farm, A46.5 R71 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.88021144607 30.002328830975

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang