Maraisstraat 71
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maraisstraat 71, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R3 600 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Maraisstraat 71 is 'n selfsorghuis met 'n pragtige see-uitsig en is in Franskraal, Wes-Kaap geleë. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na 'n vakansie buite die stad.
Die huis het 4 verhuurbare slaapkamers op die boonste vloer en bied slaapplek aan 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n mooi see-uitsig. Die tweede slaapkamer , ook met 'n pragtige see-uitisig, het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 'n stapelbed, die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die huis het nog 3 badkamers wat elk 'n stort, toilet en 'n wasbak het - 1 badkamer op die boonste vloer en twee op die grondvloer.
Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, induksieplaat, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser, breekware en eetgerei toegerus. Daar is 'n ekstra enkelgasbrander vir kragonderbrekings.
Die sit-area (bo) se skuifdeur lei na 'n balkon met 'n mooi see-uitsig.
Ander geriewe sluit in Wifi, 'n groot binne- en buite kuierarea op die grondvloer met braaigeriewe (buite) en ruim (buite) parkeerplek op die erf. Die huis het nie 'n televisie nie, maar heelwat goeie boeke om te lees.
Aktiwiteite in die area sluit in bootritte en haaibootritte, perdry, visvang, wynproe, fietsry, voetslaanroetes en swem.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Maraisstraat 71, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maraisstraat 71, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang