Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mariner Guesthouse

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Susan N
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

Baie lekker. Bied 'n uitstekende ontbyt aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Baie dankie vir jou terugvoer. Ek is bly julle het ons ontbyt geniet. Dit is vir ons belangrik dat veral mense wat langer bly, verskillende ontbytopsies het en nie elke dag dieselfde hoef te eet nie. Ons spyskaart bied ook verskillende proteïen opsies, sowel as genoeg keuse vir vegetariërs, vegan, gluten free, lactose intoleransie, ens. Ons vra net dat gaste ons vooraf laat weet van enige kos beperkings sodat ons daarvoor kan voorberei.

Johan D
1 nag
4.8
Okt 2024

Sloertoer van Kalkbaai na Kampsbaai. Lekker geslaap. Vriendelik en behulpsaam het 'n nuwe betekenis gekry. Dankie aan Liesel en haar span vir net goeie diens en 'n puik gastehuis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Dankie, dit was 'n plesier om julle by Mariner Guesthouse in ons pragtige Simonstad te verwelkom! Hoop julle geniet die res van julle sloertoer!

Willem V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2023

Heerlik. Die personeel is profesioneel en vriendelik. Die kamer was ruim met 'n pragtige uitsig. Mandy was 'n juweel en die gesig van die gastehuis. Haar hulpvaardigheid was 'n riem onder die hart en het ons dadelik laat welkom voel. Die kamer het 'n pragtige uitsig en het aan al ons behoeftes voorsien. Ons sal definitief weer bespreek as ons in die Kaap kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Baie dankie vir jou terugvoer, Willem. Dit is goed om te hoor dat julle die verblyf geniet het en dat Mandy en ons span goed na julle gekyk het. Oor sekuriteit wil ek net noem dat Simonstad gelukkig 'n baie veilige dorpie is, maar ons het in die laaste jaar nou maar CCTV kameras opgesit en ons het 'n baie aktiewe buurtwag. Die huis het ook diefwering (clear bars) by alle vensters. Ons het nog nooit enige sekuriteitsinsidente gehad nie, maar ons hou ons oog daarop. Vir nou is die groot doelwit om sonpanele op te sit. Ons inverters hou ons WiFi aan die gang gedurende Loadshedding en ons kamers het "rechargeable" ligte, maar ons hoop om teen die einde van die jaar selfonderhoudend in terme van energie te wees.

Corné C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Okt 2023

Rustige plek met lieflike uitsig. Die gastehuis is geleë in die ouer deel van Simonstad. Dus 'n baie netjese, rustige plek met 'n mooi uitsig oor die hawe. Ek sal definitief weer teruggaan.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Ons is so bly jy het die rustigheid by ons geniet. Julle is altyd welkom!

Carmen Z
Kort verblyf Saam met lewensmaat
1.2
Des 2023

Terrible, unhygienic, uncaring theft. Our money was stolen out of our bags when the staff cleaned our room. We informed the staff and nothing was done. Our towels weren't replaced with new ones. It was our honeymoon, and a stay we will always remember as a bad experience. The owner didn't even bother to assist us by sorting out the problem. If it was my guest house and guests had an issue, I would have attended immediately to sort out the problem. This is a very bad experience for us on our honeymoon, and we feel violated that the cleaning staff went through our luggage. I won't recommend this guest house to anyone because the owner didn't care at all about us.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Hi Carmen, I am very sorry about your poor experience and that I wasn't in town at the time to speak to you personally. We have been in operation for 15 years and we have never experienced an incident of theft. I did, however, scrutinise our camera footage and interviewed the staff, but found nothing incriminating any staff member. We provide electronic safes in all our rooms for guests to secure their valuables, as we cannot take responsibility for items that go missing, of which we do not have proof of them being there in the first place. Are you sure the money wasn't misplaced at your wedding reception? These things happen and I'm really sorry it happened to you. You seemed very content when I spoke to you on your first morning, prior to leaving for a few days. We run an eco-friendly establishment and change linen and towels every 3 days, unless guests leave their towels in the bath or showers, exactly like it is done in many guest houses and hotels globally. The fact that towels aren't changed daily does not indicate uncleanliness. For others reading this review, I urge you to also consider the other reviews from the majority of our guests who had a delightful stay and a positive experience.

Nicolene V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Uitstekende diens. Pragtige plek. Vriendelike staff. Dis regtig 'n asemrowende plek om te bly, het dit baie geniet en die gasvryheid en ete en diens van die staff en management was tops.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Dankie Nicolene, ek is so bly om te hoor dat julle die verblyf by Mariner Gastehuis geniet het. Ons is bevoorreg om 'n goeie span te he wat al almal lank by ons werk en goed opgelei is. Ons geniet wat ons doen en die beste beloning is gelukkige gaste!

Mitch W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Pragtig en waarde vir geld! Wat 'n pragtige plek met genoeg privaatheid en 'n fantastiese uitsig oor Simonstad se hawe en die sonsopkoms.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Dankie Mitch, dis goed om te hoor. Alhoewel ons gaste die 8-slaapkamer huis deel, help die 4 verdiepings, groot kamers en afskortings op die balkonne dat elkeen sy eie eenheid kan geniet sonder om gesteur te word. Die gemeenskaplike sit en eetkamer is natuurlik vir almal se gebruik, maar mense is oor die algemeen bedagsaam en respekteer mekaar se privaatheid.

Kobus D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Uitstekende diens en pragtige uitsig. Mariner Gastehuis is pragtig geleë met uitstekende uitsigte. Die ontbyt was wonderlik en die eienaar en personeel was baie behulpsaam en vriendelik. Ek sal Mariner Gastehuis vir enigiemand aanbeveel. Baie dankie vir 'n wonderlike naweek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Baie dankie vir sulke positiewe terugvoer. Dit is altyd lekker om te weet dat ons gaste hul verblyf by Mariner Gastehuis geniet het. Ons het hierdie erf gekoop en vir sy posisie bokant die hawe in Simonstad en die huis gebou met groot vensters en skuifdeure op die balkonne om die beste van die uitsig te maak. Kom bly gerus weer!

Carine J
1 nag Saam met vriende
5.0
Aug 2021

Absoluut heerlik! Werd om weer te besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Baie dankie! Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom!

Madele J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2021

Wat 'n pragtige gastehuis! Luukse kamer en vriendelikste mense. Grootste verrassing toe ons die koelerige aand inkom en sien daar brand 'n kaggel. Mooiste uitsig oor die hawe. Heerlike ontbyt gehad op die stoep. Sal definitief weer wil kom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liesel
Mariner Guesthouse
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Ek is so bly dat julle ons geriewe geniet het en ons diens as vriendelik ervaar het. Ons het juis hierdie posisie vir die uitsig oor die hawe en see gekies toe ons 12 jaar gelede die huis gebou het. Ons waardeer dit nogsteeds. Ons sien uit daarna om julle weer by ons te verwelkom.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Liesel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 13 jaar

Vanaf R2 190
R 2 190 R 1 971
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 190
R 2 190 R 1 971
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harbour Heights-keeromstraat 12, Simonstad, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVkMjg5NGE5LTIzNDAtNGNjZC04MmRkLTJkZjgxNmM0OGY4Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 190 nouVanaf R1 971 per nag, vir 2 mense 74 5 1 5 12 Harbour Heights Close Simon's Town 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.195830379431 18.44001531601

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang