Matjiesvlei Cottages
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matjiesvlei, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Vanaf R1 060 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Matjiesvlei Cottages is in die afgesonderde Matjiesvlei-vallei, aan die voetheuwels van die Swartberge, net 16 km vanaf Calitzdorp geleë. Die skouspelagtige berguitsigte, saam met die gemengde boerdery-aktiwiteite van die vallei sorg vir 'n rustige atmosfeer. Die vallei is 'n doodloopstraat en daarom stil, rustig en weg van die gewoel van die stadslewe.
Matjiesvlei bied verblyf in 3 plaasstyl-selfsorgkothuise, naamlik Middelplaas Cottage, Die Bokwagtershuis en Die Stalle. Middelplaas Cottage is naby die Gamkarivier geleë en bied slaapplek aan 4 mense. Die Bokwagtershuis het slaapplek vir 6 mense en is naby Die Stalle met slaapplek vir 6 mense. Elke kothuis het 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Elke kothuis het binne- en buitebraaigeriewe. Gratis WiFi, linne en handdoeke word voorsien.
Op warm somersdae kan gaste in die nabygeleë plaasdam of in die rivier afkoel. Daar is ook 'n privaat piekniekplek by die rivier.
Doendinge in die omgewing sluit visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, bergfietsry en swem in.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jack Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 156
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Matjiesvlei, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Gaste dink Matjiesvlei Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Calitzdorp Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matjiesvlei, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang