Meerendahl@ Tyger Lake
Kry 15% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Niagaraweg 2, Tyger Waterfront, Bellville, 7530, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 530 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Meerendahl@ Tyger Lake is 'n pragtige woonstel in Kaapstad ongeveer 23 km vanaf die KIKS, 25 km vanaf die Robbeneiland-veerboot en 26 km vanaf die beroemde V&A Waterfront. Dit is ideaal vir sakereisigers, paartjies op soek na 'n romantiese wegbreek en gaste wat net die Moederstad wil verken.
Die ruim eenslaapkamerwoonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit het 'n koningingrootte-bed en genoeg kasspasie. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die lieflike oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die woonstel lei na 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die meer. Daar is ook 'n mooi tuinuitsig vanaf die stoep met buitemeubels sodat gaste lekker kan ontspan.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en gaste kan middagete of aandete by die familierestaurant op die perseel geniet. Gaste is ook welkom om aan aktiwiteite in en om Kaapstad deel te neem of die kroeë saans te gaan verken.
Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin is net 30 km van die woonstel af en Tafelberg is net 31 km vanaf die eenheid. Die naaste lughawe is Kaapstad Internasionale Lughawe wat net 11 km ver is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Stephan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Niagaraweg 2, Tyger Waterfront, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Gaste dink Meerendahl@ Tyger Lake het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Tygervallei Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Niagaraweg 2, Tyger Waterfront, Bellville, 7530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang